Skip to content

Vanuit die hart

Liewe vennoot en vriend

Dit is ʼn voorreg om aan die einde van hierdie jaar oor die Here se getrouheid na te dink. Met jou ondersteuning, as ons getroue vennoot, het Geopende Deure die geleentheid gehad om baie mense wat Jesus volg op gevaarlike plekke te bedien.

Ons weet dat daar nog meer gedoen moet word, aangesien baie mense nog nie die Goeie Nuus van Jesus se reddende genade gehoor het nie. Hoe sal hulle dit hoor as niemand dit vir hulle vertel nie?

Daarom is dit uiters belangrik om oor die plaaslike Kerk te waak sodat hulle Jesus op hierdie gevaarlike plekke kan verteenwoordig. Daar is ernstige teenkanting. Diegene in die voorste linie betaal ʼn groot prys vir hul geloof.

Wat ʼn eer om vertrou te word om hul getuienisse oor te dra. Ons is almal uitgenooi om meer te wete te kom oor diegene in ons geloofsfamilie wat ly, asook om vir hulle te bid, hulle te ondersteun en uitspraak namens hulle te lewer.

Daarom is ons dankbaar vir jou gebede en ondersteuning vir ons vervolgde familie hierdie jaar. Dankie dat jy op hul gebede en behoeftes reageer.

Ons fokus hierdie maand op die getuienisse van kinders wat uitsluiting, afknouery en haat vir hul gesin se geloof en hul eie geloof in die gesig staar.

Mammas en pappas wil natuurlik hul kinders beskerm en aan hulle voorsien terwyl hulle vir hulle die manier wys om Jesus met vrymoedigheid te volg. In ons gemeenskappe word daar van ouers verwag en word hulle aangemoedig om dit te doen. In teenstelling hiermee word Christen-ouers wat Jesus op gevaarlike plekke volg, verstoot en is hulle dikwels nie in staat om hulle kinders teen die aanslae en haat te beskerm nie.

Ons kan hulle saam aanmoedig om nie moed op te gee nie en voort te gaan om Jesus met vrymoedigheid te volg. Dit kan ook ons geloof versterk om betrokke te raak by hul getuienisse oor uithouvermoë en vergifnis.

Soos hierdie jaar eindig, bid ek dat jy en jou geliefdes ʼn vreedsame en betekenisvolle tydperk sal hê waartydens julle nader aan Jesus kom en die rus geniet.

Vrede

Lynette Leibach
Uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek