Vraag- en antwoordsessie met ʼn Geopende Deure-reisiger
Een van Geopende Deure Suider-Afrika se werknemers, Patricia, was onlangs saam met Geopende Deure Internasionaal op ʼn gebeds- en ondersteuningsbesoek aan ʼn land in Oos-Afrika. Ons het haar ʼn paar vrae gevra oor haar ervarings op hierdie reis.
V: Vertel ons meer oor jou reis na Oos-Afrika
A: Dit was ʼn seën en ʼn voorreg om ons familie te besoek. Dit was ʼn internasionale besoek met agt reisigers – ek en Mark Erskine van Suid-Afrika en ses ander mense van Nederland.
Ons het die geleentheid gehad om meer uit te vind en te leer oor die programme wat vir die vervolgde vroue aangebied word. Ons susters het hulle stories met vreugde gedeel, maar in sommige gevalle ook met trane en hartseer. Ons het gehoor van die uitdagings wat hulle elke dag beleef, asook hulle bekommernisse oor die mense wat nog nie tot geloof gekom het nie. Ons familie in Oos-Afrika is heeltemal afhanklik van God en sal trots vir jou vertel dat niemand hulle siele kan doodmaak nie.
V: Was dit jou eerste reis saam met Geopende Deure se reisbediening? Indien nie, watter ander reise het jy in die verlede gedoen?
A: Hierdie was my tweede reis saam met Geopende Deure. Ek het dit geniet om meer van myself and verskillende ander kulture te leer. Ek het geleer hoe om almal met respek te hanteer en om die mense rondom my met waardigheid te behandel. My vorige reis was saam met die voormalige direkteur, Jan Gouws, en die Raad in Desember 2019, toe ons Asië besoek het.
V: Hoe erg is die vervolging van Christene in Oos-Afrika en watter tipes vervolging is die algemeenste?
A: Daar is ʼn Islamitiese agenda wat word deur politici en die regering ondersteun. Politici is ook betrokke by die onderdrukking van die Kerk en die regering beheer die Kerk. Armoede is ʼn instrument wat gebruik word om Christene te vervolg – aanloklike aanbiedings soos beurse en opleiding word byvoorbeeld aan die armes aangebied indien hulle hul Christian geloof verwerp en Moslems word.
Ander uitdagings is ekonomiese uitsluiting, probleme om werk te kry, die meeste vervoermaatskappye deur Moslems besit word, dat jong vroue as bruide verkoop word en die belaglike prys van grond om ʼn kerk op te bou (R920 717,06).
V: Hoe het dit vir jou gevoel om ons vervolgde familie in persoon te ontmoet en saam met hulle te bid?
A: Ons het nie nodig gehad om mekaar te verstaan nie, ek het net na hulle gesigte gekyk. Ek was getref deur hulle dankbaarheid, nederigheid en die besef dat ons daagliks vir hulle bid. En die voorreg dat ons gereis het om hulle in persoon te ontmoet en saam met hulle te bid. Om te sien hoe ons Skepper, ons hemelse Vader, in harte en gedagtes werk en ons daarvoor gebruik!
V: Deel asseblief met ons ʼn kort getuienis van jou besoek.
A: Ons het ʼn kerk besoek waar ons ʼn gelowige vanuit Moslem-agtergrond ontmoet het. Haar ma was ʼn toordokter en haar broers Moslems. Die geestelike oorlogvoering en heksery het haar fisies siek gemaak. Sy is na ʼn plaaslike pastoor geneem en is genees toe hy vir haar gebid het.
Die vrou, wat ʼn ma van vier kinders is, het Geopende Deure se “Standing Strong Through the Storm”-seminaar bygewoon en het daarna die pad saam met ons Redder begin loop. Sy het werkswinkels oor Moslem-evangelisasie bygewoon en opleiding vir Sondagskoolonderwysers by Geopende Deure ontvang. Toe haar man en gesin die verandering in haar raaksien, het hulle ook die opleiding bygewoon en tot geloof in Christus gekom.
Toe haar dogter met haar hoërskoolloopbaan begin het, het hulle nie genoeg geld gehad om die skoolfonds te betaal nie. Maar God het ingegryp en hulle kon die skoolfonds betaal. Nadat sy getuig het oor wat God gedoen het, is sy ingelig dat hulle nou meer skoolfonds moet betaal omdat hulle Christene is. “Ek het geweet dat ek God moet vertrou, dat Hy sal voorsien en vir my die pad sal wys,” het sy getuig.
Sy het ons herinner dat ons geloof ons selfs in die donkerste tye nader aan God kan bring en vir ons die krag kan gee om aan te gaan.
V: Watter invloed het hierdie besoek op jou eie geestelike lewe gehad?
A: Dit het my insig en begrip gegee in die lewens van mense wat deur hulle familie vervolg word. Ek het besef hoe kragtig gebed is, en ek het die belangrikheid daarvan besef om op te staan vir wat waar en regverdig is in moeilike omstandighede.
Ek sal definitief ander gelowiges aanmoedig om saam met Geopende Deure te reis. Jy sal sien hoe God besig is om te werk en hoe die Heilige Gees ons verenig. Jou eie geloof word deur ons vervolgde familie versterk. Om weerloos by mekaar te wees, by mekaar te leer en stories met mekaar te deel – wat ʼn voorreg was dit nie om in ʼn vervolgde land vir mekaar te bid nie.