Skip to content

Twee kerke in Algerië heropen

Op 10 Junie het die goewerneur van Oran in Algerië toestemming gegee dat twee kerke in die provinsie mag heropen, nadat hulle tussen November 2017 en Februarie 2018 gedwing is om te sluit..

Rachid Seghir, wat die pastoor by die hoofkerk van Oran is, het die nuus met World Watch Monitor gedeel, die oomblik wat hy die kennisgewing gekry het. “Dit was moeilik om te glo omdat ek nie so positiewe verrassing verwag het nie!” het Pastoor Seghir gesê, wat skaar sy emosies kon beheer. “Ek het eerlikwaar nie verstaan wat besig is om te gebeur nie. Ek het die kennisgewing gelees en korrek verstaan, maar ek was verstom.”*

Alhoewel die plaaslike owerhede nie enige redes gegee het vir  die verandering in hul gesindheid nie, is Algeriese Christene, wat voortdurend vra vir gebed in die aangesig van verdrukking deur die regering, dankbaar dat hierdie kerke weer hul deure kan oopmaak.

Prys God vir hierdie deurbraak! Hou asseblief aan om te bid vir Algeriese Christene – dat hulle die Here se vrede en wysheid sal ken, te midde die aanhoudende druk. Bid ook dat die kerke wat heropen word geen verdere inmenging sal ervaar wanneer hulle hul aktiwiteite voortsit nie.

Dankie vir julle innige gebede!

Source: Middle East Concern
*World Watch Monitor. “Algerian pastor ‘amazed’ as three churches reopened.” 13 Junie 2018.

Back To Top
Soek