Skip to content

Turkye onder druk weens pastoor Brunson se gevangenskap

Pastoor Brunson se volgende hofverskyning in Turkye sal plaasvind op die 18de Julie. In die tussentyd het wetgewers en internasionale groepe meer druk op Turkse leiers geplaas om pastoor Brunson vry te laat. Hy is al vir meer as 600 dae in aanhouding op valse aanklagtes van spioenasie en terrorisme.

In ʼn poging om die Turkse regering te oorreed om pastoor Brunson vry te laat, is wetgewers van die Verenigde State (VS) besig met ʼn plan om Turkye toegang te weier tot 100 kern, F-35 vegvliegtuie, wat deur die VSA gebou word. Indien dít gebeur, sal dit die modernisering van Turkye se lugmag aansienlik inperk.

Verskeie diplomate in Ankara, Turkye, is hoopvol dat pastoor Brunson vrygelaat en na die VS gedeporteer sal word. Serkan Demirtas skryf in ʼn artikel vir Hurriyet, “Brunson, wat al sedert laat 2016 in die tronk is, blyk te duur vir Turkye te wees, en verdere aanhouding kan die situasie net meer kompliseer. Dit is waarom baie diplomate in Ankara afwagtend is vir sy potensiële vrylating en deportasie, hangende die verhoor op die 18de Julie.”*

Bid asseblief saam met ons vir pastoor Brunson en sy familie. Bid dat die pogings deur wetgewers en internasionale groepe om druk te plaas op Turkse leiers, vrug sal dra. Bid ook vir  krag vir die Brunson-familie in hierdie moeilike tyd. Mag God hulle bemoedig en vul met Sy vrede, enpastoor Brunson binnekort vrygelaat word.

Dankie vir jou innige gebede

Back To Top
Soek