Skip to content

Bid vandag vir Maleisiese Pastoor Raymond, en laat jou stem hoor.

Op die 16de Mei, het die Menseregtekommissie van Maleisië besluit om voort te gaan met ʼn verdere ondersoek in die verdwyning van Pastoor Raymond Koh. Hierdie verwikkelinge gee vir sy vrou nuwe hoop.

“Ek hoop nou, met die nuwe regering, dat die ondersoekpapiere nie meer onder die Amptelike Geheime Akte geplaas sal word nie, en ek hoop dat Raymond, Amri Che Mat, Joshua en Ruth Hilmy, binnekort vrygelaat sal word,” het sy in ʼn koerant onderhoud gesê.

ʼn Fluitjieblaser het onlangs na vore gekom met bewyse van polisie betrokkenheid in die ontvoerings. Ongelukkig trek hy nou sy oorspronklike verklarings terug, omdat hy waarskynlik deur die polisie onder druk geplaas word.

BID 

Bid asseblief dat waarheid en geregtigheid sal geskied tydens die ondersoek in die verdwyning van Pastoor Raymond, en die ander ontvoerdes. Bid asseblief ook vir krag vir hul families terwyl die ondersoek aan die gang is.

SPREEK UIT

Vennote van Geopende Deure in Maleisië vra ons om dringend kontak te maak met die Maleisiese Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, en hulle aan te moedig om die waarheid rondom die ontvoerings aan die lig te bring, en die veilige vrylating van al vier ontvoerdes te verseker.

Vandag kan jy help deur ʼn brief te stuur namens Pastoor Raymond, Amri Che Mat, en Joshua Hilmy en sy vrou, Ruth. Klik hier om vir ons ʼn epos te stuur, en ons sal die relevante besonderhede en ʼn brief vir jou aanstuur wat jy na die Maleisiese Hoë Kommissaris in Suid-Afrika kan stuur.

Dankie dat jy in tree deur gebed en voorspraak!

Back To Top
Soek