Skip to content

Die prag van hoop in Afrika se veerkragtige Kerk

Hulle het dié oggend bymekaargekom vir aanbidding. Honderde mense het in die kerk se binnehof gestaan en wag om te sien hoe mense gedoop word toe ʼn bom deur die kerk geruk het – wat 20 aanbidders doodgemaak en 17 beseer het.

Maar slegs ʼn week ná die bomaanval het die CEPAC-kerk in die oostelike streek van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) weer bymekaargekom – wat ons ʼn prentjie gee van die moedige veerkragtigheid van die Kerk in sub-Sahara Afrika. Die lede van hierdie kerk in die dorp Kasindi het geweier om toe te laat dat hul geloof wankel. In plaas daarvan het hulle bymekaargekom vir aanbidding deur sang en danse, en het hulle God bedank vir Sy beskerming en genade deur hierdie kragtige woorde:

U het toegelaat dat ons aangeval word

U het ons geloof versterk

Ons vind dat ons in U teenwoordigheid vorentoe beweeg, HERE

U het ons net na ʼn hoër vlak geneem …

Die Islamitiese Staat-groep het ʼn paar dae ná die bomaanval aanspreeklikheid daarvoor aanvaar. Ekstremiste se pogings om die Kerk in sub-Sahara Afrika te verlam en uit te roei, bereik ʼn keerpunt omdat Christelike bevolkings sukkel om te oorleef te midde van die toenemende geweld en groeiende onsekerheid. Die Kerk word aangeval. Slegs in Nigerië word ʼn Christen elke twee ure weens hul geloof doodgemaak.

Maar die lydende Kerk is ook veerkragtig en getrou, soos wat hierdie gemeente in die DRK wys.

Getroue gelowiges soos hierdie aanbidders verseker dat die Evangelie uitgeleef word, selfs in die moeilikste omstandighede. Elke keer wanneer ons hoor hoe ʼn broer of suster hul smart na God bring, of toekyk hoe ʼn kerk weer bymekaarkom ná ʼn aanval, sien ons hoe God werk – in ons lewens en ons wêreld.

Neem asseblief net drie minute om na die veerkragtige geloof van jou vervolgde familie in aksie te kyk (en dit dan te deel).

 

Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die Here skyn oor jou. Ja, kyk, donkerte bedek die aarde, en diepe duisternis die volke; maar oor jou skyn die Here, en oor jou word Sy heerlikheid sigbaar. Nasies sal na jou lig trek, en konings na die helder lig van jou sonsopkoms” (Jesaja 60:1-3).

Back To Top
Soek