Skip to content

Soedan: Reisbeperkinge Verhoed Vrygelate Pastors om Soedan te Verlaat

Pastors Michael Yat en Peter Yen, wat uit die tronk vrygelaat is na ʼn regter se uitspraak op 5 Augustus, kon nie Soedan verlaat nie, weens “onwettige” reisbeperkinge daargestel deur die Soedanese Nasionale Intelligensie en Sekuriteitsdienste (NISS). Volgens World Watch Monitor, is pastors Mi

Volgens World Watch Monitor, is pastors Michael Yat en Peter Yen voorgekeer, maar nie weer in hegtenis geneem nie, by die Khartoem Internasionale Lughawe na hul vrylating op Woensdag, 5 Augustus, tydens ʼn hofverskyning in die Soedanese hoofstad.

Die pastors se prokureurs het appèl aangeteken teen die reisbeperking op 9 Augustus. Die twee pastors het gepoog om Soedan te verlaat in die vroeë oggendure op Donderdag, 8 Augustus, na ʼn onbekende bestemming. Die twee mans het op aanklagtes gestaan, wat die doodsvonnis tot gevolg kon hê. Volgens nuwe inligting is die pastors op een aanklagte elk skuldig bevind, maar Regter Ahmed Ghaboush het beslis dat die agt maande gevangeneskap wat hul verhoor voorafgegaan het, die vonnisse vir die aanklagtes, bevredig het.

Een van die pastors se prokureurs het aan Radio Tamajuz vertel dat die reisbeperkinge vanaf die Soedanse Nasionale Intelligensie en Sekuriteitsdienste (NISS), wat sedert Maart 2015 daargestel is, “onwettig” is en het aangekondig dat die regspan sal poog om ander metodes te vind om die reisbeperkinge te lig.

Hou asseblief vol om die Here se beskerming oor ons broers en hul families te bid, asook vir wysheid vir hul prokureurs.

Back To Top
Soek