Skip to content

Soedanese Christene staar kommerwekkende verwikkelinge in die gesig.

Younan Abdulla, ʼn Soedanese Christen, is twee weke gelede doodgesteek, gedurende ʼn vreedsame optog teen die regering van Soedan. Die regering het magtiging gegee om ʼn stuk grond te verkoop waarop ʼn Christelike skool gebou is, , sonder die skool se toestemming. Die polisie wat teenwoordig was tydens die optog, het nie ingegryp toe betogers, soos Younan, aangeval is nie. Younan word oorleef deur sy vrou en twee jong kinders.

Ongelukkig is die teistering van Christene nie ongewoon nie. Die regering neem gereeld Christene in hegtenis vir bekeringswerke en afvalligheid. Hiermee saam, blyk onlangse verwikkelinge om ʼn bron van kommer te wees vir Soedanese burgers, en veral Christene.

Die Europese Unie (EU) het hul verhouding met Soedan genormaliseer, en byna €215 miljoen (ongeveer R3 biljoen) beskikbaar gestel, wat veronderstel is om die humanitêre pogings te ondersteun terwyl die land droogte in die gesig staar. Maar Mukesh Kapila*, ʼn voormalige VN verteenwoordiger vir Soedan, sê dat die EU se fondse en ondersteuning aan Soedan “meer hulpbronne voorsien aan ʼn regime wat sy eie mense verdruk”.

Bid asseblief dat die Here vir die mense van Soedan sal onderneem te midde van hierdie nuwe verwikkelinge en die droogte. Bid ook vir vertroosting vir Younan se familie, asook dat die Kerk wysheid, geduld en vrede aan die dag sal lê, terwyl hulle voortdurend pogings van die regering ervaar om kerkeiendomme te konfiskeer.

Dankie dat jy bid!

Bron: EUobserver, EU funds for Sudan may worsen fate of refugees, 10 April 2017.

Back To Top
Soek