Skip to content

Sentraal-Afrikaanse Republiek: Godsdienstige Geweld Eis 30 Lewens

Volgens Reuters het gewapende mans ten minste 22 mense doodgemaak in ʼn string aanvalle op mdorpies in die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die laaste week. Dit bring die dodetal tot by 30 sterftes in die afgelope week.

Volgens Reuters het gewapende mans ten minste 22 mense doodgemaak in ʼn string aanvalle op dorpies in die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die laaste week. Tien mense is doodgemaak in Ndassima, 60 kilometer noord van Bambari in die ooste van die land. Volgens ʼn plaaslike bron was die aanvallers voorheen Seleka-lede. Die bron het voortgegaan om te sê dat ʼn verdere ses wildjagters op Donderdag 12 November in die dorp van Bandambou doodgemaak is.

Die mees onlangse sterftes bring die dodetal van sterftes, as gevolg van godsdienstige geweld, tot by 30 mense in die afgelope week, insluitend die sterftes as gevolg van die voortdurende konflik in die hoofstad, Bangui. Die geweld vind slegs ʼn paar weke voor ʼn beplande besoek van pous Franciskus op 28 en 29 November plaas. Pous Franciskus se besoek sal na verwagting die talle Katolieke in die land bemoedig, maar sal ook krag verleen aan die stemme van die President van die Evangelical Alliance, die Katolieke Aardsbiskop van Bangui en die President van die Islamic Community, wat sonder ophou werk om die inter-godsdienstige geweld op te los.

Die Sentraal-Afrikaanse Republiek se eerste rondte van presidensiële en parlementêre verkiesings, om die ampstermyn van die oorgangsregering tot ʼn einde te bring, sal op 27 Desember 2015 plaasvind. Sluit asseblief by Geopende Deure in gebed aan om te bid dat vrede in die Sentraal-Afrikaanse Republiek herstel sal word.

Die Sentraal-Afrikaanse Republiek is #17 op die Geopende Deure 2015 Wêreldwaarnemingslys. Om die volledige lys van waar Christene die ergste vervolging ervaar te besigtig, besoek ons webblad by www.opendoors.org.za/afr

Back To Top
Soek