Skip to content

Sentraal-Afrikaanse Republiek: Christen-Politikus Ontvoer

Militante, met verbintenisse aan die anti-Balaka, het op Sondag, 25 Januarie ʼn Christen-politikus in die Sentraal-Afrikaanse Republiek se hoofstad, Bangui, ontvoer.

Armel Ningatoloum Sayo, Minister van Jeug en Sport, was op pad terug huis toe na ʼn erediens by die Eglise Evangelique des Freres, wat hy bygewoon het saam met sy vrou en broer, toe die ontvoering plaasgevind het.

Onbekende gewapende aanvallers, wat op pad was in ʼn huurmotor, het die minister se motor tot stilstand gedwing in die Galagbadja woonbuurt, voor hul skote in die lug afgevuur het en hom uit die kar uitgepluk het. Sy vrou, Nicaise Danielle Sayo, was saam met haar man toe die ontvoering plaasgevind het. “Hulle het ons opdrag gegee om te stop… Hul het hom uit [ons] motor gepluk en hom in hul motor, wat op pad was na Boy-Rabe (ʼn area wat as ʼn anti-Balaka vesting geag word), ingedwing,” het sy aan die media vertel.

Minister Sayo se ontvoering volg op die kortstondige ontvoering van ʼn V.N. personeellid en ʼn Franse noodleningswerker. Tatiana Yangeko, Minister Sayo se woordvoerder, het die ontvoering bevestig. Volgens haar het die ontvoerders die familie gekontak en dring hul aan op die vrylating van die anti-Blaka militêre bevelvoerder, Rodrigue Nagibona, ook bekend as Generaal Andjilo, wat vroeër in Januarie deur V.N.-troepe arresteer is, in ruil vir Minister Sayo se vrylating.

Geopende Deure-werkers in die Sentraal-Afrikaanse Republiek verduidelik dat die hoofrede vir die ontvoering van Minister Sayo, ʼn poging is om Generaal Andjilo se vrylating te bewerk en om die komende nasionale rekonsiliasieforum van groepe in konflik, die burgerlike samelewing, en burgerlikes, wat sal plaasvind in Februarie, te saboteer. Seleka-magte het reeds vergaderings wat tot voorbereiding van die forum plaasgevind het in Bambari, Bria, Kaga-Bandoro, en Ndele, ontwrig. Volgens Geopende Deure-werkers het die feit dat Minister Sayo ʼn Christen is en boonop ʼn ondersteuner van die vredesproses, moontlik bygedra tot sy ontvoering.

Minister Sayo en sy vrou is albei studente pastore by die FATEB (Faculté de Theologie Evangelique de Bangui). Die Kerk het die ontvoering ten sterkste veroordeel. Sluit asseblief aan by die plaaslike Kerk in gebed vir die veilige en spoedige vrylating van Minister Sayo.

Back To Top
Soek