13 Junie 2025
NOORD-KOREA - Bid dat God aan Kim die waarheid sal openbaar oor wie Hy is en wat Hy vir hom gedoen het, soos Hy met Paulus op pad na Damaskus gedoen het (Handelinge 9).
NOORD-KOREA - Bid dat God aan Kim die waarheid sal openbaar oor wie Hy is en wat Hy vir hom gedoen het, soos Hy met Paulus op pad na Damaskus gedoen het (Handelinge 9).
NOORD-KOREA - Moenie ophou bid dat God verandering in Noord-Korea sal bring nie. Bid dat Hy Noord-Korea se heerser, Kim Jong Un, sal verwyder of sy hart sal verander, net soos Hy die hart van die Babiloniese koning, Nebukadnesar, verander…
VENEZUELA - Bid vir wysheid, insig, kreatiwiteit en eenheid terwyl kerkleiers saamwerk om strategieë te ontwikkel om te midde van toenemende vervolging vir hul lidmate te sorg.
VENEZUELA - Terwyl pastoor Hilder werk om die Koninkryk na die mense op sy pad te bring, vra hy ons om te bid vir krag vir Christene wat deur Venezuela se regering gemanipuleer en uitgebuit word.
VENEZUELA - Bid saam met pastoor Hilder*, ʼn voormalige huurmoordenaar wat Jesus in die tronk ontmoet het en ná sy vrylating ʼn tronkbediening begin het om mense soos hy te bereik.
KAMEROEN - Laastens, kom ons bid vir die ekstremistiese groep Boko Haram. Bid dat die Here hul siele sal aanraak, hulle na Hom sal trek en hulle van hul bose optrede sal laat wegdraai.
KAMEROEN - Bid vir vertroosting en krag vir Médéké en die gesinne wat aanhou hoop op hul kinders se terugkeer. Vra God om hul gesinne te herenig en hul pyn te genees.
KAMEROEN - Bid vir Joseph en die ander gevangenes. Vra die Here om hulle te versterk, te vertroos en te beskerm. Bid dat hulle skuiling onder Sy vlerk sal vind (Psalm 91:4).
KAMEROEN - Médéké en die ander ouers van ontvoerde kinders in Kameroen se Verre Noordstreek het na ons plaaslike vennote uitgereik en ons gevra om in gebed saam met hulle te staan. “Bid asseblief vir my,” sê Médéké.
KAMEROEN - Bid saam met jou suster in Kameroen, Médéké, wie se tienjarige seun, Joseph, tydens ʼn dodelike aanval op hul dorpie deur Boko Haram gevange geneem is. “Ek sal daardie dag nooit vergeet nie,” sê die ma van vyf.