Skip to content

1 September 2025

  • Corrin Durrheim

MANS IN SUB-SAHARA AFRIKA - Bid saam met Jemal*, ʼn Ethiopiese gelowige wie se suksesvolle houtwerken staalondernemings in aanvalle deur Islamitiese ekstremistiese bendes vernietig is. “Bid dat Christene invloed in ons gemeenskap sal herwin,” sê hy.

Lees verder

31 Augustus 2025

  • Corrin Durrheim

PLAASLIKE VENNOTE VAN GEOPENDE DEURE - Bid vir uithouvermoë vir ons plaaslike vennote. Vra God om hulle te versterk wanneer hulle moeg en swak is. Bid veral vir goeie fisiese en emosionele gesondheid.

Lees verder

30 Augustus 2025

  • Corrin Durrheim

PLAASLIKE VENNOTE VAN GEOPENDE DEURE - Ons personeel in die Midde- Ooste het jou gebede nodig. Wanneer hulle geheime gelowiges besoek, moet hulle dikwels na geïsoleerde en onveilige gebiede reis. Bid dat die Here vervolgers se oë sal “verblind”.

Lees verder

29 Augustus 2025

  • Corrin Durrheim

PLAASLIKE VENNOTE VAN GEOPENDE DEURE - Sodra Geopende Deurevennote in kontak kom met ʼn nuwe gelowige, probeer hulle om hom met ʼn plaaslike (ondergrondse) kerk te verbind. Dié werk is gewaagd. Bid vir leiding vir ons vennote.

Lees verder

28 Augustus 2025

  • Corrin Durrheim

PLAASLIKE VENNOTE VAN GEOPENDE DEURE - Bid vir ons plaaslike vennote terwyl hulle sterk leiers kweek vir kerke met gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond, wat op hul beurt nuwe gelowiges dissipels sal maak.

Lees verder

27 Augustus 2025

  • Corrin Durrheim

SRI LANKA - Vra God om Sasha te versterk terwyl sy die Evangelie met vasberadenheid deel. Bid dat sy meer Goddelike ontmoetings met ander sal hê wat meer oor Christus se hoop moet hoor en die vrede wat net Hy…

Lees verder

26 Augustus 2025

  • Corrin Durrheim

SRI LANKA - Bid dat die teenkanting vanaf Sasha se pa sal ophou, en dat sy in vrede en sonder vrees kerk toe kan gaan en kan aanbid. Bid dat Sasha se pa ook die Here sal leer ken.

Lees verder

25 Augustus 2025

  • Corrin Durrheim

SRI LANKA - Bid vir vertroosting en traumasorg vir Sasha. Sy het wrede doodsdreigemente weens haar geloof verduur. Haar pa, ʼn toegewyde Hindoe, het gedreig om petrol oor haar te gooi en haar lewend te verbrand.

Lees verder

24 Augustus 2025

NICARAGUA - Bid vir wysheid en moed vir godsdienstige leiers om voort te gaan om God se volgelinge met geloof en hoop te lei. Bid dat die Here diegene in magsposisies se harte sal aanraak om tot bekering te kom…

Lees verder

23 Augustus 2025

NICARAGUA - Bid dat die Here die plaaslike Kerk sal help om sterk en beskermd te bly. Vra God om kwesbare gesinne en gemeenskappe te beskerm in die aangesig van toenemende onderdrukking.

Lees verder
Back To Top
No results found...