Skip to content

Pastoor Andrew Brunson is vrygelaat!

ʼn Turkse hof het Vrydag, 12 Oktober die Evangeliese Presbiteriaanse pastoor, Andrew Brunson, skuldig bevind op aanklagte van terrorisme en spioenasie wat verband hou met ʼn mislukte staatsgreep in 2016 teen die Turkse President Recep Tayyip Erdoğan. Die hof het Brunson gevonnis tot meer as drie jaar tronkstraf, maar het hom vrygelaat op grond van die tyd wat hy reeds uitgedien het in aanhouding en goeie gedrag.

Nadat die voorsittende regter die bevinding hardop in die hof gelees het, en vir Brunson gevra het of hy kommentaar wil lewer, het die pastoor is Turks gesê, “Ek is ʼn onskuldige man. Ek is lief vir Jesus, en ek is lief vir Turkye.” Na afloop van die verhoor is pastoor Brunson na sy huis in Izmir, Turkye, geneem waarna hy en sy vrou, Norine, na die lughawe vertrek het vir hul vlug na die Verenigde State.

Ons prys God dat hy te midde van ʼn ongelooflike moeilike situasie aanhou werk het. En ons bedank jou dat jy in gebed gestaan het vir pastoor Brunson gedurende die afgelope twee jaar. Hou asseblief aan om Christene in Turkye, en die omliggende streek, op te dra in gebed, wat steeds worstel met valse aanklagtes teen hulle, en wat probeer om Jesus te volg en te dien in ʼn toenemend vyandige omgewing.

Dankie dat jy bid!

Bron: World Watch Monitor. Brunson freed, permitted to leave country. 12 Oktober 2018.

Back To Top
Soek