Skip to content

Pakistan: Spanning en Sekuriteit Hoog Tydens Christen-begrafnisse na 17 se Dood in Taliban Selfmoordbomaanval

Volgens World Watch Monitor is ten minste 17 mense dood en 80 beseer in die aanval op twee kerke in die hoofsaaklike Christendistrik van Lahore in Pakistan op 15 Maart.

ʼn Islamitiese ekstremiste-groep met verbintenisse aan die Pakistanse Taliban, Jamaat-ul-Ahrar, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. “Ons belowe dat ons nie sal ophou met soortgelyke aanvalle, tot en met ʼn Islamitiese-sisteem in plek gestel is in Pakistan nie. As Pakistan se regeerders dink dat hulle ons kan stop, dan moet hul dit probeer doen,” het hul verteenwoordiger aan Al-Jazeera gesê.

Ten minste twee van die jong manlike aanvallers het hulself opgeblaas – een by elke kerk – toe sekuriteitswagte, wat as vrywilligers gedien het in samewerking met die plaaslike polisie, hul gekonfronteer het by die ingange van die kerke.

Die aanvalle was beplan om die maksimum skade te berokken; meer as 2 000 kerkgangers was teenwoording in die twee kerke vir Sondag-eredienste. Maar deur die spoedige optrede van die vrywilligers, is die aanvallers verhoed om die kerkgeboue binne te gaan.

Die aanvalle het plaasgevind in Yahounabad, ʼn verarmde Christenbuurt in Lahore, buite twee kerke, St. John’s Catholic Church en die Protestant Christ Church, wat slegs 400 meter van mekaar geleë is.

Die nuus van die aanvalle het onmiddellik landswyd versprei en ander kerke het vinnig hul eredienste tot ʼn einde gebring. Christenjeugdiges het die strate in protes ingevaar en sommige gewelddadige insidente, waarin Moslems geteiken is, is gerapporteer.

Honderde Pakistani Christene het die begrafnisse vir die bomaanval-slagoffers bygewoon in Lahore, gister. Die BBC berig dat sekuriteit streng was en dat die polisie Lahore se grootste Christenbuurt afgekamp het en diegene wat die begrafnis bygewoon het, deursoek het. ʼn Berigte 5 000 polisieoffisiere en paramilitêre soldate is ontplooi op Dinsdag, om verdere oproere te voorkom.

Geopende Deure versoek vurige gebed vir die families van diegene wat omgekom het en beseer is in die aanvalle. Mag hulle God se vrede en troos ervaar. Bid asseblief ook vir die Christenjeug van dié land, dat hul nie weerwraak sal neem nie, maar soos Jesus, diegene verantwoordelik vir die vervolging van Christene in Pakistan, sal vergewe.

Back To Top
Soek