Skip to content

Paasnaweek-bomaanval dood 65 mense in Lahore, Pakistan

Op Sondag, 27 Maart, is 65 mense gedood toe selfmoordbomaanvallers ploftoestelle gemonteer het op die pretparkritte by die Iqbal-park, in Lahore, Pakistan. ʼn Militante groep, wat hulself met die Islamitiese Staat (IS) assosieer, het verantwoordelikheid vir hierdie aanval aanvaar.

Op Paassondag, 27 Maart, het selfmoordbomaanvallers ʼn besige park, Iqbal-park, in die provinsiale hoofstad van Lahore, Pakistan, aangeval – meer as 65 mense is gedood tydens hierdie aanval en honderde is beseer gelaat. Baie van die oorledenes was Christene, en het kinders ingesluit. ʼn Militante groep, wat in die verlede hul lojaliteit jeens die Islamitiese Staat (IS) bekendgemaak het, het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval en beweer dat hulle beide die Christene en owerhede doelbewus geteiken het deur die uitvoer van die aanval.

Terselfdertyd het nog ʼn tragedie in Islamabad ontvou toe militante ondersteuners van Mumtaz Qadri, die man wat onlangs tereggestel is vir die sluipmoord op voormalige goewerneur Salman Taseer, gewelddadig betoog het in die hoofstad en afgebakende gebiede binnegeval het.

Die situasie in Pakistan is ontsettende gespanne en onseker; owerhede het inwoners gewaarsku dat meer aanvalle verwag kan word. Bid asseblief dat almal wat deur hierdie onrus geraak is, die Here se vertroosting sal ervaar, dat vrede en stabiliteit in die land herstel sal word, en vir wysheid en onderskeiding, veral gedurende die volgende paar weke terwyl die spanning baie hoog loop.

Back To Top
Soek