Skip to content

Paasfees boodskap van Lynette Leibach

Paasfees…

Met die jaar se heilige week in ons Christen-kalender, is ek baie bewus dat hierdie een van die tye is wanneer gewelddadige vervolging wêreldwyd verhoog. Paassondag 2016 – 75 dood in Pakistan; Palmsondag 2017 – 40 dood in Egipte; Paassondag 2019 – 259 dood in Sri Lanka; Palmsondag 2021 – 19 beseer in Indonesië.

Natuurlik is my begeerte dat vervolging moet eindig, ek wil hê dat die misbruik van mag oor diegene wat weerloos is aangespreek word – of dit nou beplande terreuraksie soos die gevalle hierbo is, of wetlike beperkings wat inbreuk maak op vryheid van geloof, of gemeenskappe en familielede wat diskrimineer teen die wat kies om met Jesus te identifiseer, Hom aktief te volg, of ander van Hom te vertel. Maar teenintuïtief is hierdie die geleenthede om te getuig van die goeie nuus ( Luk. 21:10-13).

Vervolging en die verspreiding van die goeie nuus oor God se intensionele aksies en opoffering om verhouding te herstel met ons almal wat nie saam met Hom in Sy Koningryk kan wees deur ons eie pogings nie, maar slegs deur onself aan Sy Heerskappy toe te vertrou – gaan dikwels hand-in-hand.

So, ons kan kies om die te versterk wat beproewing verduur vanweë hulle getrouheid om die vreugde en krag van die Evangelie in hulle gemeenskappe te sien. Ek word self uitgedaag in my eie reis en fokus in die lewe. Is ek vrygewing met die goeie nuus – nooi ek ander in om Hom te ken? Is ek so vasgevang in my eie selfbehoud dat ek ongemaklikheid ten alle koste vermy?

Ek bid dat ons die Evangelie magtig sal sien versprei reg oor die wêreld deur ons vervolgde familie se onwrikbaarheid en in ons eie sfere van invloed.

Mag jy ʼn geseënde Paasfees beleef.

Vrede

Lynette

Back To Top
Soek