Skip to content

Onwaarskynlike held kom na vore in Dagestan kerkaanval

Op 18 Februarie, het ʼn gewapende rower losgebrand op aanbidders by ʼn Russiese Ortodokse Kerk in Kizlyar, Dagestan. Drie mense is in verband met die aanval in hegtenis geneem.

Die Islamitiese Staat het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar, maar geen bewyse is gelewer om die klag te ondersteun nie. Sommige politieke analiste is van mening dat die eintlike motief agter die aanval is, om verdeeldheid te bring onder Kizlyar se veelvolkige populasie. Dít weens die onlangste toename in Ortodoksie in die streek, asook die feit dat kerke beter deur die regering ondersteun word.

Te midde van alles, het ʼn onwaarskynlike held na vore gekom. Irina Melkomava (ongeveer 60), ʼn bedelaar by die kerk, was een van die eerste slagoffers wat oorlede is. ʼn Plaaslike bron het aan World Watch Monitor vertel dat toe Irina sien dat die rower begin skiet, sy begin het om te skree en hom met haar sakke geslaan in ʼn poging om hom te verhoed om by die kerk in te gaan. Haar dapperheid het gehelp om lewens te red deur diegene binne die gebou, sowat 30 mense, genoeg tyd te gee om die deure te sluit. Vyf mense is dood insluitende Irina en Nadejde Terlyan (45), ʼn diakones van die kerk, terwyl vyf ander beseer is, insluitend drie polisiebeamptes.

Bid asseblief vir die kerk in Dagestan terwyl hulle genees van hierdie tragedie. Bid vir die Here se beskerming oor Sy kinders in die land, en dat God sal werk in die harte van diegene wat betrokke was in die organisering van hierdie aanval.

Dankie vir jou gebede!

*World Watch Monitor. “Dagestan church attacker linked to militant group, as unlikely hero emerges.” 23 Februarie 2018.

Back To Top
Soek