skip to Main Content
Ontdek Hoe Om Te Bid Vir Diegene Wat Leef Waar Geloof Die Meeste Kos

Ontdek hoe om te bid vir diegene wat leef waar geloof die meeste kos

Die kragtigste ding wat ons vir ons vervolgde broers en susters kan doen, is om vir hulle te bid.

Maar hoe bid ons vir hulle?

Sommige situasies vereis baie meer as ʼn eenvoudige “Here, seën hulle” tipe gebed. Diegene wat ly vir die naam van Christus, het toegewyde voorbidders nodig – mans en vroue wat namens hulle voor God intree. Hulle het die beskerming van die liggaam van Christus nodig wat toegewyd is daaraan om ʼn geestelike stryd namens hulle te voer.

Dit is waarom Broer Andrew en Al Janssen die boek, Gebed: Die Werklike Stryd, geskryf het.

Ontvang jou GRATIS kopie van Gebed: Die Werklike Stryd wanneer jy hieronder inteken met jou naam en eposadres.

God nooi jou uit om jou gemeenskap, nasie en die wêreld te beïnvloed terwyl jy op jou knieë is. Gebed: Die Werklike Stryd kan jou wys hoe.

Teken hieronder in om jou kopie te versoek.

Dankie dat jy help om God se Koninkryk uit te bou waar geloof die meeste kos!

 

 

This Post Has One Comment
  1. Dit bly ‘n groot voorreg om vir ons broers en susters van die vervolgde Kerk te kan bid. Met geliefdes wat baie naby aan my is wat vervolging ervaar in ‘n land waar dit drasties toeneem, het vervolging vir my totaal ‘n ander betekenis gekry. Alhoewel ek reeds etlike jare vervolging bestudeer en op hoogte probeer bly van wat in die wereld gebeur met die Kerk, het baie vrae in my hart opgekom oor dit wat die Bybel leer van vervolging en dit wat die vervolgde Kerk ervaar. Wanneer dit persoonlik aan jou raak dan word dit geheel en al ‘n ander saak, en het mens soveel kere nie woorde om vir die mense in te tree nie. Daarom wil ek dankie se vir die boek oor “Gebed: Die Werklike Stryd” en vertrou dat my gebede daardeur meer doelgerig sal wees!

Laat ʼn Antwoord

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek