Skip to content

Onderhou deur jou gebede

Elke minuut wat jy in gebed vir geheime gelowiges spandeer, maak saak. Bid asseblief vir dapper Christene, Elmahdi* in Marokko en Hila* in Afganistan…

As jong man was Elmahdi* gefassineer deur die buitengewone lewe van Christus. In sy soeke na die waarheid het hy Christenskap aanlyn verken, en Elmahdi het tot geloof gekom en is gedoop. Maar wat sou sy vrou, ʼn streng Moslem, dink? Uit vrees vir die ergste het Elmahdi sy nuwe geloof geheim gehou…

Maar Elmahdi kon nie aanhou om verskonings uit te dink om kerk by te woon nie. Sy vrou het agterdogtig geraak, haar man se foon deursoek en sy bekering ontdek. Sy het ʼn vir hom ultimatum gestel: keer terug na Islam, of sy sal hom skei.

Dit was ʼn desperate keuse, maar Elmahdi kon nie sy rug op Jesus draai nie. Vandag is hy geskei en het nie sy geliefde kinders sedert 2022 gesien nie. In sy moeilikste oomblikke word hy geteister deur gedagtes om terug te keer na Islam om met sy seun en twee dogters herenig te word.

BID

  • Bid asseblief dringend dat Elmahdi sterk in sy geloof sal bly.
  • Vra God om Elmahdi en sy kinders te herenig.
  • Bid vir vertroosting en vrede vir Elmahdi in sy donkerste dae.

Hila* se kinderjare was ongewoon. Haar ouers het haar toegelaat om skool toe te gaan, al het die meeste meisies by die huis gebly. Hila was slim – en selfs nadat sy op 18-jarige ouderdom getrou het, het sy aan die universiteit gaan studeer.

Maar dinge het verander in Hila se tweede jaar. “My man het my aan die Bybel voorgestel nadat hy ʼn TV-program gekyk het,” het sy gesê. “Ons het in die Bybel gedelf en leiding en inspirasie gekry.”

Die egpaar het hul lewens aan Jesus gegee, en selfs ander Christene gevind om die pad mee te stap. Maar eendag het Hila se man na ʼn ander dorp gegaan om Bybelstudieboeke te koop, en nooit teruggekeer nie.

“Hy is geoffer soos Christus,” het Hila gesê. Nou, oorleef hierdie ma-van-twee met hulp van haar gemeenskap – maar sy het jou gebede nodig.

BID

  • Dra Hila op tot die Here en vra God om haar te seën, versterk en vertroos.
  • Bid vir God se beskerming oor Hila en haar kinders terwyl hulle Jesus in die geheim volg.
  • Bid met vrymoedigheid dat Afganistan van onderdrukkende magte bevry sal word.
Back To Top
Soek