Skip to content

Nuwe gelowiges in Bangladesj staar teëspoed in die gesig omdat hulle Jesus volg

Twee gelowiges in Bangladesj, Baru Miah (55) en Beauty Tripura (30), mag mekaar dalk nie ken nie, maar beide van hulle gaan deur ʼn moeilike tyd omdat hulle Jesus gekies het.

Baru is ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond en sy huis is deur woedende dorpenaars verwoes oor sy Christengeloof. Hy en sy twee kinders moes na ʼn ander dorp verhuis waar hulle deur ʼn ander Christenfamilie versorg word.

In die tussentyd is Beauty, ʼn voormalige Hindoe wat ook ʼn onderwyser by ʼn Geopende Deure geletterdheidsklas vir volwassenes is, vals deur haar skoonouers beskuldig van egbreuk. Ongelukkig het haar man hierdie leuen geglo en gevra vir ʼn egskeiding…

Afgesien van hierdie teëspeod, bly Baru en Beauty lojaal aan Christus. Bid asseblief vir krag, vertroosting en moed vir beide van hulle,namate hulle aanhou om die Here te dien onder sulke moeilike omstandighede..

Bid asseblief dat God die waarheid sal openbaar aan Beauty se man, sodat hul huwelik herstel kan word. Bid dat God aan Baru en sy kinders sal voorsien in hul nuwe plek. Mag God wysheid en leiding gee aan hul plaaslike kerk, gelowiges, asook ons span om hulle effektief te bedien sodat hulle kan voortgaan om sterk in hul geloof te staan.

Dankie dat jy saam met hulle in geloof staan.

Back To Top
Soek