Skip to content

Nog ‘n kerk in Algerië gesluit

Op 16 Oktober is nog ʼn kerk deur die owerhede in Algerië gesluit. Die kerk, wat in die Kabylie provinsie van Bejaia is, is al vir meer as 5 jaar aktief, en is ʼn lid van die Église Protestante d’Algérie (EPA), wat amptelik erken word deur die Protestantse kerke in Algerië.

Hierdie denominasie is deur ʼn sogenaamde “gebouveiligheidskomitee” besoek in Desember 2017. In Februarie hierdie jaar, het hulle ʼn brief ontvang wat aandui dat hul nie voldoen aan veiligheidsmaatreëls nie (met ʼn te kort aan nooduitgange en brandblussers), asook ander oortredings. Die kerk het hierdie probleme reggestel, maar het steeds kennisgewing ontvang om te sluit.

Ongelukkig is dit nie die eerste kerk wat gesluit is nie. Sedert November 2017, is verskeie kerke wat geaffilieer word met EPA, deur hierdie komitee besoek, en het daarna geskrewe opdragte ontvang om alle aktiwiteite te staak.

Algeriese Christene doen ʼn beroep op ons om te bid:

  • Dat die kerkleiers en EPA-leiers bewus sal wees van die Here se vrede, wysheid en leiding in die aangesig van toenemende druk.
  • Dat owerhede hul geleidelike veldtog sal staak om kerke te sluit, en Christene se vryheid om te aanbid te beperk.
  • Dat geslote kerke binnekort toegelaat sal word om te heropen, en dat geen verdere aksie geneem sal word teen kerke wat steeds ondersoek word nie.

Dankie dat jy bid!

Bron: Middle East Concern. Algerië. Another Church Closed by the Authorities. 19 Oktober 2018.

Back To Top
Soek