Nigerië oorweeg om Islamitiese appélhowe gesag te gee oor kriminele sake
Nigerië se Nasionale Vergadering oorweeg ‘n verandering aan die land se grondwet wat die omvang van hierdie land se Islamitiese Sjariaappélhowe se jurisdiksie sal uitbrei.
World Watch Monitor het op 6 Junie 2016, berig dat die Nigeriese regering veranderinge oorweeg met betrekking tot die land se grondwet rakende die jurisdiksie van die Sjaria-appélhof. Die grondwet beperk tans daardie appélhowe slegs tot familiereg. Indien die veranderinge goedgekeur word, sal dit Sjaria-appélhowe toelaat om kriminele sake vanaf laer Sjaria-howe te hanteer – selfs die doodstraf kan in sommige gevalle opgelê word.
Dus, indien die voorgestelde wysings slaag, sal bepalings 262 en 277 soos volg lees: “Die Sjaria-appélhof sal… appèl- en toesighoudende jurisdiksie beoefen in siviele en kriminele sake waarby vrae oor persoonlike Islamitiese reg betrokke is.”
Yonas Dembele, vervolgingsanalis van die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys se navorsingspan, verduidelik: “Hierdie is problematies op soveel vlakke. Sjaria-reg met betrekking tot kriminele sake het die potensiaal om fundamentele menseregte te ondermyn. Dit kan konflik tussen verskillende godsdienstige groepe ontketen, omdat daar geen waarborg is dat dit nie toegepas sal word op diegene wat nie deur ʼn Sjaria-hof beoordeel wil word nie. Belangriker nog, is dat dit bydra tot die heersende vrees dat die huidige Nigeriese regering ʼn plan het om Nigerië te Islamiseer.”
Nigerië is #12 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys van plekke waar Christene die ergste vervolging ervaar.