Skip to content

Nigerië: Meer as 200 Mense Dood Sedert 30 Junie 2015

Volgens ʼn Geopende Deure-navorser, is meer as 200 mense in Nigerië se noordelike en noord-oostelike streke dood in vermoedelike Boko Haramaanvalle sedert 30 Junie. Verder suid, trotseer Christene etniese uitwissing deur Fulani-militante wat deur dieselfde agenda as Boko Haram gedryf word.

Volgens World Watch Monitor is dit ʼn dodelike Julie in Nigerië. Meer as 200 mense is sedert 30 Junie dood tydens aanvalle wat bykans daagliks plaasvind in die land se noordelike en noord-oostelike streke, waar die Islamitiese ekstremiste groep, Boko Haram die oormag het.

Die hoofopskrifte wat oor Boko Haram berig, oorskadu egter die geweld wat verder suid heers, waar ʼn minder bekende en jarelange veldtog, reeds die lewens van duisende Christene geëis het. Militante vanuit die etniese Fulani-mensegroep, ʼn hoofsaaklik Moslem en nomadiese bevolking van veewagters, word daarvan verdink dat hul reeds duisende Christene in die Plateau- en Taraba-state in onlangse maande doodgemaak het. Die twee state vorm deel van die oostelike deel van Nigerië se “Middel Belt” – die paar state wat strek tussen die pre-koloniale skeidingslyn, wat Nigerië se hoofsaaklike Moslem Noorde van die Christelike Suide, skei.

Geopende Deure-navorser, Yonas Dembele, het in sy navorsing tot die gevolgtrekking gekom dat die patroon van geweld deur die Fulani-veewagters in hierdie streek – hul gebruik van militêre-graad wapens om Christene van hul eiendom te verdryf en dit dan te beset; die verwoesting van Christenhuise en kerke; en hul aandrang op die oplegging van Islamitiese wet, en ander kenmerke – neerkom op etniese uitwissing in die Middel Belt. Dembele glo dat hierdie veldtog aangedryf word deur dieselfde ambisie wat Boko Haram dryf: Om die nie-Islamitiese wêreld onder Islamitiese bewind te bring. Dembele skryf dat, “die aard van die konflik dui op dieselfde historiese patroon wat gevolg is deur die Hausa-Fulani Moslem oligargie, om deur die gebruik van koloniale nalatenskap, politieke beleid en godsdienstige sentiment die Middel Belt-streek te verower en te oorheers.”

Lees die volledige navorsingsanalise hier.

Back To Top
Soek