Skip to content

Nigerië: Bid vir Esther wat ontsnap het van Boko Haram

Esther* was een van die meisies van die Chibok Hoërskool in Nigerië wat in April 2014 deur Boko Haram ontvoer is. Geopende Deure het onlangs uitgevind dat sy een van die 47 meisies is wat daarin geslaag het om te ontsnap.

Na die angswekkende ontbering van die ontvoering, is Esther vir haar eie veiligheid na ʼn kamp vir interne ontworteldes in Yola verplaas. Haar gesin moes ook in die tussentyd na Kameroen vlug weens onophoudelike aanvalle deur Boko Haram. Esther kon nog nie weer met haar gesin herenig word nie.

ʼn Bejaarde vrou in Jos, Nigerië, het Esther onder haar vlerk geneem toe sy te hore gekom het van Esther se omstandighede. Alhoewel Esther dankbaar is vir die dak oor haar kop, het die trane oor haar wange gestroom toe sy Geopende Deure vertel het hoe sy verlang om met haar gesin herenig te word, asook van die moeilikhede wat sy tans ervaar. Sy voel heeltemal verlate en alleen.

Bid asseblief vir Esther en haar gesin. Bid ook vir wysheid vir Geopende Deure namate ons vasstel hoe ons haar kan ondersteun.

Dankie dat jy bid!

Nigerië is #12 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys.

*Naam verander om veiligheidsredes.

Back To Top
Soek