Skip to content

ʼn Vrou en evangelis in die tyd van vervolging

Wie was die eerste evangelis was die Woord van God verkondig het? Weet enige iemand? Wel, volgens sommige mense en Bybelstudente, was Maria Magdalena die eerste persoon wat die Evangelie gedeel het en vir mense vertel het dat Jesus opgevaar het na die hemel. 

Vandag, het diegene wat Jesus se Evangelie verkondig vermenigvuldig in getalle. Daar is talle vroue wat voltyds in die bediening is en hul lewens daagliks aan die kruis van Jesus wy.  Siende dat Augustus Vrouemaand in Suid-Afrika is, behoort die impak wat vroue in die Liggaam van Christus het nie net beklemtoon te word nie, maar ook gevier word.  

In so baie stories wat ons al oor ons broers en susters in Christus gedeel het, het ons gesien hoeveel vrouens se paaie met Christus kruis en hulle dan hul lewens aan Hom wy. Hulle waag hul lewens, hul families se lewens en hul lewensbestaan om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig in plekke regoor die wêreld waar hulle nie welkom is nie. Hulle is vroue wat passievol is oor Jesus.  

Een van díe vroue deur wie ons inspireer word, is Suraida* vanuit Suid-Filippyne. Sy het sewe jaar gelede tot geloof in Jesus gekom nadat Hy haar genees het. Sy deel nou die Evangelie met ander, en twee van haar familielede het Jesus verlede jaar tydens Ramadan aangeneem as hul Verlosser. Hier is haar storie:  

Suraida se skoonsuster het ʼn Christen geword nadat sy verlede jaar vir haar genesing gebid het tydens Ramadan. Haar man het ook tot bekering gekom nadat hy ʼn droom gehad het, en Kerk bygewoon het saam met Suraida. 

Ongelukkig het hul geloof gelei tot vervolging omdat sommige lede van die gemeenskap hulle kwalik neem vir hul bekering. Daar word dikwels op hulle geskree en hulle word gespot wanneer hulle kerk toe loop op Sondae. Jimmy* was selfs al met ’n mes in die hand gesteek toe hy Suraida van ʼn woedende buurman probeer beskerm het. Jimmy sê egter: “Selfs wanneer uitdagings soos hierdie in my lewe plaasvind, dink ek nie twee keer daaroor nie. Ek weet in my hart dat Jesus my Verlosser en Here is.” 

Te danke aan jou gebede en ondersteuning, het Geopende Deure-vennote Suraida voorsien van Bybelopleiding. Sy is ook opgelei om Bybelstudies vir ander aan te bied, en leer nou die Bybel vir ander in haar familie. Ons prys die Here vir Sy getrouheid en jou finansiële- en gebedsondersteuning.  

Jy kan nog soveel vroue in die Suidelike Filippyne en regoor die wêreld help om die lig vir Christus in hul gemeenskappe te wees deur Christen-vroue toe te rus om die Evangelie te verkondig en om ander Christene by te staan wat intense vervolging ervaar. Indien dit vir jou moontlik is, oorweeg dit asseblief biddend om ʼn helpende hand uit te steek. Kliek hier om te help. 

*Name verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek