ʼn Paasboodskap vir jou vanaf Jan
Regdeur Sy tyd op aarde, het Jesus ʼn pad gestap van swaarkry, verwerping en verraad – ʼn pad wat hom gelei het na die Kruisberg.
Maar die opwindende nuus van Paasfees is dat swaarkry en pyn – en die dood self – oorwin is deur Jesus se opstanding uit die dood! Hy is die hoop wat gelowiges van regoor die wêreld verenig – ongeag of dit in vryheid is en of dit gepaard gaan met vervolging en bedreiging.
In hierdie kort video, wys Jan Gouws (Uitvoerende Direkteur, Geopende Deure Suider-Afrika) ons op die hoop wat ons in Christus het – die Messias wat “as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15)!
Mag jy en jou geliefdes ʼn geseënde Paasfees geniet!