ʼn Nuwe begin, te danke aan jou
Toe Sarah se man haar geheime geloof ontdek, het sy woede en geweld haar amper vernietig. Vandag, danksy jou, het Sarah haar lewe herbou.
Met haar oë gesluit en haar Bybel in die hand, het Sarah* alleen by hul huis in Egipte gebid toe sy voetstappe hoor…
Dit het gevaar gespel. Vir ʼn jaar het Sarah Jesus in die geheim gevolg. ʼn Vriendin by die werk het die Evangelie met haar gedeel, en Sarah, ongelukkig in ʼn gewelddadige huwelik, was aangetrokke tot die hoop en vrede van Christenskap.
Sarah het haar rug op Islam gedraai – maar dit het met prys ʼn gekom. “As my man my geloof moes ontdek, sou ek aan verwerping, vervolging en selfs egskeiding blootgestel wees. Ek moes wys en versigtig wees.”
So toe die voetstappe nader kom, het Sarah van vrees verstar.
Mishandel en verlate
Dit was haar man, Rashed*, vroeg terug van die werk af.
Rashed het die kamer binnegestap, Sarah met die Bybel gesien en in woede uitgebars. Hy het Sarah so erg geslaan dat sy in die hospitaal beland het. Terwyl sy behandel is, het Rashed die huis met hul twee kinders verlaat.
Sarah was stukkend. “Ek het in vrees geleef… vrees vir mense wat Christene as infidels beskou, vrees dat ek nie weer my kinders sal sien nie, vrees omdat ek kwesbaar is,” het sy gesê. Met haar geheime geloof ontbloot, het Sarah geen ander keuse gehad as om haar werk te bedank en uit die gebied te vlug nie.
Dit is toe dat jou vriendelikheid Sarah bereik het en haar gehelp het om weer te begin.
“God sal my nooit in die steek laat nie.”
Veilig en standvastig
Die vriendin wat die eerste keer die Evangelie met Sarah gedeel het, het haar voorgestel aan ʼn Geopende Deure-vennoot, genaamd Shereen*. Danksy jou, kon Shereen ʼn huiskerk en ʼn tuiste vir Sarah vind, haar huur dek en haar help om werk te kry. “Julle ondersteuning het my veilig en standvastig laat voel,” het sy gesê.
Toe, verlede jaar, het die laaste stukkie van die legkaart in plek geval… Sarah het ʼn telefoonoproep ontvang van haar oudste seun, nou 15 jaar oud. Hulle was byna 10 jaar van mekaar geskei. “Ons soek al jare na jou, mamma,” het hy gesê.
Met trane in haar oë onthou Sarah die gelukkige herontmoeting. “Daar is nie woorde om die vreugde wat ek gevoel het uit te druk nie,” glimlag sy. “Daar is geen perke aan die liefde, barmhartigheid en genade van die Here nie.”
Vandag hou Sarah haar geloof geheim vir haar eie beskerming. Haar bekering beteken sy bly ʼn teiken vir ekstremiste. So, uiterlik leef Sarah as ʼn Moslem, maar in haar hart volg sy Jesus – en jou ondersteuning hou haar geloof sterk.
“Ek weet God sal my nooit in die steek laat nie,” het Sarah met sekerheid gesê. “Ek het besef dat God altyd hier is.”
Dankie dat jy Christene soos Sarah, wat vervolg word en teen hulle geloof gediskrimineer word, help. Vandag kan jy ander Christene soos Sarah help om voort te gaan om vir Christus te staan in van die gevaarlikste plekke.
*Name vir veiligheidsredes verander.