Skip to content

Mianmar: “Vryste”Verkiesings in 25 Jaar

Mianmar se “vryste” verkiesings in 25 jaar het plaasgevind op Sondag 8 November. Terwyl die wêreld ademloos vir die finale uitslae wag, bid Christene wêreldwyd vir demokrasie en meer vryheid vir Christene in dié land. Mianmar is in die nommer 25 posisie op Geopende Deure se 2015 Wêreldwaarnemingslys van waar Christene die ergste vervolging ervaar.

Op Sondag, 8 November, het Mianmar, ook bekend as Burma, gestem in wat beskryf is as die “vryste” verkiesings in 25 jaar. Volgens die BBC, dui vroeë uitslae op ʼn reusagtige oorwinning vir die National League for Democracy (NLD), die offisiële opposisie party wat gelei word deur vryheidsaktivis, Aung San Suu Kyi. In ʼn onderhoud met die BBC se Fergal Keane het Me. Suu Kyi gesê dat die verkiesings nie regverdig was nie, maar wel “grotendeels vry”. Hoewel Me. Suu Kyi volgens die grondwet die presidensie belet word, het sy in haar onderhoud gesê dat sy sou gebruik maak van ʼn gevolmagtigde persoon. Volgens die BBC het Mianmar se verkiesingskommissie gesê dat die NLD 78 van die 88 setels in die 440-setel parlement geneem het. Die regerende Union Solidarity and Development Party (USDP) het die stryd gewonne aan die NLD gegee.

ʼn Verslag deur die International Crisis Group berig dat, “Die verkiesings minder as vyf jaar kom na wat sal aanhou as ʼn lang en moeilike oorgang vir Mianmar. Dit skep ʼn oomblik van politieke mededinging en polarisasie in ʼn oorgangsproses wat kompromie en konsensus vereis. As die verkiesings wel geloofwaardig en inklusief is, kan dit help om vertroue in die land se nuwe politieke pad te bou, en daardeur nuwe momentum in die hervormingsprosesse bewerkstellig. Tegelykertyd kan die verkiesings ook die delikate stel kompromieë, wat die proses so ver min of meer aan die gang gehou het, beskadig.”

Mianmar word gekwel deur etniese, politieke en godsdienstige kontroversie. Talle studente is doodgemaak en in hegtenis geneem in studente optogte in Maart 2015 teen wetgewing wat akademiese vryheid beperk. Meisies vanuit die hoofsaaklike Christen Chin-stam word voortdurend verkrag deur die weermag en wêreldwye opskrifte het berig oor die vlugtelingkrisis met foto’s van verhongerde Rohingya-Moslems aan die kus van Suidoos Asië. Hoewel die vervolging van die Rohingya-Moslems, deur radikale Boeddhiste, bekend is, word Christene toenemend ook bedreig deur radikale Boeddhiste-groepe. Mianmar is in die nommer 25 posisie op die Geopende Deure 2015 Wêreldwaarnemingslys van waar Christene die ergste vervolging ervaar.

Geopende Deure spoor Suid-Afrikaners en Christene wêreldwyd aan om te bid vir Mianmar:

  • Prys God vir die gebruik van hierdie geleentheid om meer vryheid en demokrasie in Mianmar te bewerkstellig.
  • Bid vir ʼn vredevolle proses en magsoordrag wanneer die finale uitslae bekend gemaak word
  • Bid dat afgesien van die invloede van Boeddhistiese ekstremiste dat die regerende party in Mianmar die land na ʼn nuwe era van vryheid, gelykheid en geregtigheid sal lei en dat godsdiensvryheid geprioritiseer sal word.
Back To Top
Soek