Skip to content

Mense word verander. Dit gee my pure genot!

Tun*, ʼn pastoor in sy middeldertigs, woon in Mianmar waar stamgebondenheid en Boeddhisme, Christelike bediening moeilik maak. Ten spyte van die spanning gaan hy standvastig voort om die Here se werk te doen en te bedien in ʼn dorpie met ʼn meerderheid Boeddhiste – te danke aan die ondersteuning van vriende soos jy.

Hy vertel…

“Mense sien Christene as buitestanders. Asof hulle beter is as ons. Ongelowiges soos Boeddhiste sien ons as minderwaardiges, soos mense wat nie goeie werk doen soos wat hulle doen nie.”

Verder is Tun ook afkomstig van ʼn minderheid-stam, so sy etnisiteit maak hom kwesbaar. “Die groter kultuur- en stamgroepe wil ons identiteit wegvat. Hulle wil hê dat ons hul godsdiens moet volg,” het hy gesê.

In die aangesig van al hierdie dinge word Tun gemotiveer deur hoe “mense aan Christus toegewy word en lewens verander word, en hoe siele gewen word. Dit is pure genot.”

Wonderbaarlik genoeg, in ʼn land waar stamgebondenheid die Kerk verdeel, het Tun ʼn begeerte om te sien hoe lewens ook in ander stamgemeenskappe verander word. ʼn Begeerte wat in hom wakker gemaak is nadat hy Geopende Deure se Standing Strong Through the Storm (SSTS)-opleiding bygewoon het.

Deur hierdie opleiding, wat jy gehelp het om te voorsien, het hy geleer dat God die God van alle stamme is – en dat om die Kerk te bedien nie beperk is tot net een stam of denominasie nie, maar tot die bediening van al God se mense. Sedertdien het God, Tun se grondgebied uitgebrei tot buite sy eie kerk, wat gelei het tot die aanbieding van die SSTS-opleiding aan 1,000 gelowiges oor die afgelope sewe jaar!

Jou ondersteuning aan Tun, deur Geopende Deure, wys hoe, deur langs een vervolgde Christen te staan, baie ander ook bemoedig kan word. Dankie!

Tun het ook ʼn paar jaar gelede sy eerste lewensbestaans-opleiding bygewoon en hy het weereens dit wat hy geleer het geneem en 100 ander gelowiges opgelei, wat hulle gehelp het om vir hul families te voorsien. “Gedurende daardie tyd was daar geen oes nie. Daar was hongersnood. Geopende Deure het ons geleer wat om te eet en te drink, wat die rotte nie kon eet nie. As ons met vis boer, kan rotte nie in die water swem en dit eet nie,” het hy gesê.

God het deur ruimhartige vriende soos jy gewerk om dit vir hom en ander moontlik te maak om deur hierdie Geopende Deure-opleiding versterk te word.

“Ek is geseënd, en ek is nou tot seën vir ander. Dankie vir julle ondersteuning. Julle werk en gebede is nie tevergeefs nie. Dit het vrug in my lewe gedra, en in die toekoms sal dit nog meer dra,” het Tun gesê.

Jou ondersteuning aan Tun, deur Geopende Deure, wys hoe, deur langs een vervolgde Christen te staan, baie ander ook bemoedig kan word. Dankie!

Back To Top
Soek