Skip to content

Libië: Een van dié gevaarlikste plekke in die wêreld om ʼn Christen in te wees

Die aanhoudende wetteloosheid in Libië, maak dit “een van dié gevaarlikste plekke in die wêreld om ʼn Christen in te wees,” volgens ʼn nuwe verslag deur die navorsingspan van Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys.

Hierdie maand is dit vyf jaar sedert Moeammar Ghaddafi se regering in Libië omvergewerp is, toe rebelle sy kampong binnegeval het en hy gedwing is om weg te kruip. Ten spyte van al die voorafgaande goeie verwagtinge, lei die konstante wetteloosheid daartoe dat Libië “een van dié gevaarlikste plekke in die wêreld is om ʼn Christen in te wees,” volgens ʼn nuwe verslag deur die navorsingspan van Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys.

“Die anargistiese politiese en veiligheid situasie in kontemporêre Libië, het ʼn omgewing geskep wat bevorderlik is vir radikale Islamitiese groepe om Christene blatant en gewelddadig te vervolg met absolute straffeloosheid,” sê die verslag, geskryf deur vervolgingsanalis Yonas Dembele van Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys.

Die gevare om ʼn Christen in Libië te wees – inboorling of buitelander – word vererger deur die groeiende klimaat van die onverdraagsaamheid van alle ander gelowe buiten Islam, sê die verslag. “Christene word nie net deur georganiseerde Islamitiese militante groepe vervolg nie. Christene word ook in hulle alledaagse lewens geteister en vervolg deur gewone Libiërs,” meen die verslag.

Dembele voeg by dat nagenoeg 100 Egiptiese Christene tydens ʼn enkele insident gearresteer is vir vermeende evangelisasie, wat “sommige mense laat glo dat dit ʼn poging is om ‘die teenwoordigheid van Christene geheel en al uit te wis.’”

“Enige hoop dat die omstandighede vir Christene sal verbeter, hang af van hoeveel die politiese en veiligheidsomstandighede in die land verbeter. Hopelik sal die Eenheidsregering wat in Januarie 2016 gevorm is, al hoe meer gesag kan uitoefen, asook wet en orde in die land kan herstel. Indien dít gebeur – alhoewel dit nie noodwendig geloofsvryheid vir Christene in Libië sal verseker nie – kan dit Christene help om minder kwesbaar te wees vir die wreedste vorme van vervolging. Op die lange duur sal dit egter die aard van die permanente politiese en grondwetlike orde wees, wat tot stand gebring word uit die huidige vrede en oorgangsproses, wat die mees bepalende faktor sal wees vir geloofsvryheid vir Christene in Libië,” sê Dembele ter afsluiting.

Libië is #10 op die Geopende Deure 2016 Wêreldwaarnemingslys van plekke waar Christene die ergste vervolging ervaar.

Back To Top
Soek