Skip to content

Laos – Christenpa aangerand omdat hy ʼn Bybel besit

ʼn Kort rukkie nadat Dennis* en sy vrou, wat stamgebonde Christene is, die geboorte van hulle kleinding gevier
het, is Dennis op pad huis toe vanaf die hospitaal, deur die polisie aangerand omdat hy in besit was van ʼn Bybel.

Dennis, wat vinnig ʼn draai by die huis wou maak voordat hy ʼn Geopende Deure Bybel-gebasseerde opleidingsessie sou bywoon, is tydens ʼn padblokkade deur die polisie gestop. Die polisie het sy bagasie deursoek en op sy Bybel afgekom. Hulle was woedend dat Dennis in besit was van ʼn Bybel, “dit staan die regering teë,” het hulle hom toegesnou terwyl hulle hom geslaan het.

Hulle het Dennis polisiestasie toe geneem vir verdere ondervraging. Hy is genadiglik kort daarna vrygelaat toe hy verduidelik het dat daar niks in die Bybel is wat die regering teëstaan nie.

Bid asseblief vir genesing vir die fisieke wonde wat Dennis opgedoen het, asook vir die emosionele trauma verbonde aan hierdie insident. Bid vir dapperheid, dat hy sal voortgaan om die Bybel-opleidingssessies by te woon. Bid ook ʼn seën af oor Dennis se vrou en hulle nuwe kleinding.

Laos is #29 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys.

Dankie dat jy bid!

*Verteenwoordigende naam en foto vir sekuriteitsdoeleindes.

Back To Top
Soek