Skip to content

Kom ons bid vir mekaar

Isolasie, vrees, onsekerheid – dis terme wat goed bekend is aan vervolgde Christene. Hulle ervaar isolasie en vrees vir hul lewensbestaan, en selfs hul lewens, as gevolg van hul Christelike geloof. En onsekerheid omdat diegene wat Christus in die geheim aanbid, nie weet wie hulle dophou nie.

Christene in die vrye wêreld ervaar nou vir die eerste keer hoe dit voel om in isolasie te aanbid. Baie van ons ervaar vrees vir ons lewensbestaan. Verder is ons almal onseker oor wat in die volgende paar maande rondom die COVID-19-pandemie gaan gebeur.

Ongelukkig word vervolgde Christene se omstandighede deur die pandemie vererger. Die pandemie het ook ʼn impak op ons werk as ʼn organisasie. Nogtans doen ons spanne alles in hul vermoë om ons vervolgde familie te bereik, te bemoedig en te versterk – beide fisies en geestelik.

Regoor die wêreld moet ons vir mekaar, ons leiers en ons lande bid.

Hou asseblief aan om saam met ons te bid:

  • Bid dat God sal aanhou om vir ons vervolgde familie te voorsien.
  • Bid vir wysheid vir ons by Geopende Deure oor hoe om die vervolgde Kerk die beste te dien in hierdie tyd.
  • Bid vir wysheid vir leiers wêreldwyd in hulle hantering van die pandemie.
  • Bid vir almal wat erg deur die pandemie geraak word.

Ons wil ook vir julle, ons vennote, bid. Laat weet ons hoe ons vir jou, jou familie, werk, gesondheid ens. kan bid. Stuur jou gebedsversoeke aan ons by [email protected].

Mag God aanhou om jou en jou familie te beskerm, en mag Sy vrede met jou wees gedurende hierdie tyd.

Dankie dat jy ons gebedsvennoot is!

Back To Top
Soek