Skip to content

Kinders baar steeds letsels na bomontploffing in Indonesië

Op 13 November 2016, het ʼn man ʼn mengelbom na Sondagskool op die kerkgronde van ʼn kerk in Samarinda, Indonesië, gegooi en gevolglik vir Anita Sihotang (2), Alvaro Sinaga (4), Trinity Hutahaean (4) en Intan Banjarnahor (2) erg beseer gelaat. Intan wat die ergste beseer was, is die dag na die aanval oorlede.

Die ander kinders is steeds baie getraumatiseer. Anita kan nie die geluid van haar pa se motorfiets hanteer nie, omdat dit haar te veel herinner aan die geluid van die ontploffing. Alvaro skree “maak dood die vuur Mamma” elke keer as haar ma kos maak. Die families suukkel steeds om hul lewens te herbou namate hulle tot verhaal kom oor wat gebeur het met hul kinders. Trinity en Alvaro, wie se beserings baie ernstig en kompleks is, ontvang voortdurende behandeling. Ander kinders van die kerk is ook baie ontsteld en geskok na die aanval, en kruip weg wanneer hulle geluide hoor wat soortgelyk is aan dié van die ontploffing.

Bid asseblief dat hierdie kinders en hul families sal genees van die trauma wat hulle ervaar en dat hulle sal vasbyt op hierdie pad van herstel. Bid vir die kerk in Samarinda, dat hulle ʼn sterk getuienis vir Christus sal weer te midde van die trauma.

Indonesië is tans #46 op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys van lande waar vervolging die ergste is.

Back To Top
Soek