Skip to content

Khartoem: Twee Suid-Soedanese Pastors word Vrygelaat

Die twee Suid-Soedanese pastors, Michael Yat en Peter Yen, wat aangekla is van ʼn reeks oortredinge op 4 Mei 2015, en die doodsvonnis in die gesig gestaar het sou hulle skuldig bevind word, is op Woensdag 5 Augustus onskuldig bevind en vrygelaat na agt maande van gevangenskap.

Dit is met groot dankbaarheid teenoor die Here dat Geopende Deure berig dat pastors Michael Yat (links) en Peter Yen (regs), twee Suid-Soedanese pastors, op Woensdag 5 Augustus onskuldig bevind is van alle aanklagtes teen hul. Volgens Radio Tamazuj het die families van die twee pastors, hul vrylating met vreugde bevestig. Hulle het gister prosedures om hul vrylating ondergaan.

Pastor Michael Yat is in Desember 2014 arresteer nadat hy in een van die kerke in Khartoem, gepreek het. Pastor Peter Yen is in Januarie 2015 arresteer, nadat hy navraag gedoen het by die gevangenskap van sy kollega, Michael Yat. Beide pastors is aangekla van oortredinge wat die doodsvonnis dra.

Geopende Deure het berig gelewer oor die arrestasies van en die aanklagtes teen pastors Michael Yat en Peter Yen, op 20 Mei 2015. Lees die volledige artikel, hier.

Sluit by Geopende Deure aan as ons die Here loof vir Sy getrouheid en genade, met die woorde van Psalm 146:7 en 8, “Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is.”

Lees meer oor die omstandighede waaronder pastors Michael Yat en Peter Yen arresteer is en die aanklagtes teen hulle, op World Watch Monitor.

Back To Top
Soek