Skip to content

Kerke in Egipte moet noodgedwonge planne kanselleer

Julie is een van die besigste maande van die jaar vir kerke in Egipte. Hulle is egter vroeër vandeesmaand gevra om alle somersaktiwiteite tydelik te kanselleer.

In ʼn verklaring deur Dr. Andrea Zaki, die president van die Egiptiese Protestante Kerk (nie amptelik vertaal nie) sê hy, “Hartlike groete in die naam van Jesus. Na aanleiding van onlangse verwikkelinge, staak asseblief alle kerkuitstappies en konferensies vir die volgende drie weke van Julie 2017. Dit is ʼn ernstige saak. Enige uitstappie of konferensie wat voortgaan, sal die persoonlike verantwoordelikheid van die organiseerder wees.”

Dr. Andrea het bevestig dat dié opdrag direk van sekuriteitsagentskappe afkomstig is, weens ʼn kommer oor veiligheid. “Daar is berigte dat hulle deur radikales geteiken kan word,” het Dr. Andrea gesê. Kerke wag nou vir verdere instruksie namate die drie-week kansellasietydperk tot ʼn einde kom. “Ons almal gee ons samewerking vir die onthalwe van ons land en ons mense se veiligheid.”

Bid asseblief vir die beskerming van Christene in Egipte, asook vir wysheid oor hoe om sterk te staan te midde van hierdie duistere storm. Mag God die oë van hul vervolgers oopmaak vir die waarheid van wie Hy is, en mag hulle Sy onfeilbare liefde ervaar.

Dankie dat jy intree vir ons Egiptiese broers en susters gedurende hierdie toenemende moeilike jaar!

Bron: World Watch Monitor, Terrorist threat forces Egyptian Christians to cancel summer activities, 13 July 2017

Back To Top
Soek