Skip to content

Kenia: Gewapende Al-Sjabaab Aanvallers Teiken Christene en Dood 147 Studente

Volgens World Watch Monitor, het AlSjabaab op Donderdag 2 April, teen dagbreek, ʼn universiteit in noordoostelike Kenia ingeval.

Die gewapende aanvallers het volgens berigte, nadat hul die sekuriteitswagte wat aan diens was doodgeskiet het, blindelings begin skiet voordat hul honderde studente uit hul koshuiskamers as gyselaars gevange geneem het.

Gedurende die aanval het die Keniaanse sekuriteitsmagte betrokke geraak in ʼn poging om die situasie te ontlont, en het ʼn Al-Sjabaab militêre-operasies woordvoerder, Sheikh Abdiasis Abu Musab, volgens Reuters, gesê dat Christen- en Moslemgyselaars geskei is en dat Moslemstudente reeds bevry was.

“Al wat ek kon hoor was voetstappe en geweerskote. Niemand het geskree nie, want hul was bang dat dit hul posisie aan die aanvallers sou verklik,” het ʼn student, Collins Wetangula aan The Associated Press vertel.

Hy het bygevoeg dat die aanvallers, ‘Sisi ni al-Shabab’ gesê het, wat Swahili is vir, “Ons is Al-Sjabaab.” Wetangula het die aanvallers by sy koshuis hoor aankom, die deure oopmaak en vra of die mense wat binne skuil Moslems of Christene was. “As jy ʼn Christen was, is jy op die plek doodgeskiet,” het hy gesê. “Met elke geweerskoot het ek gedink ek gaan doodgaan.” Meeste van die slagoffers was na bewering Christene.

ʼn Oorlewende is twee dae na die aanval gevind. Cynthia Cheroitich, 19, het gesê dat sy in ʼn kas weggekruip het en haarself met klere bedek het en geweier het om uit te kom selfs nadat van haar klasmaats hulself oorgegee na aanleiding van die aanvallers se bevele. “Ek het net tot my God gebid,” het Cheroitich, ʼn Christen oor haar beproewing gesê.

Back To Top
Soek