Skip to content

Jong volwassenes vanuit Bangladesj word die sout en lig

Prys die Here dat ons in Bangladesj ʼn dissipelskapsprogram, Light and Salt, vir jeugdiges vanuit ʼn Moslemagtergrond (GVM’s) kan aanbied. Die afgelope Oktober, het ʼn groep van 18 gelowiges aan die program gegradueer!

Dishan, een van die gegradueerdes, het gesê, “Deur hierdie opleiding, verstaan ek dat ek die lig en sout is in my gemeenskap. Ek het ook geleer om toegewyd te wees in my bediening aan Jesus, en ek sal dit wat ek geleer het, toepas.” Terwyl ʼn ander gegradueerde, Ashanur Mithu, gesê het, “ek was in die duisternis, maar hierdie opleiding het my na die lig gebring. Ek wil hierdie lig met ander deel, sodat hulle ook uit hul duisternis kan kom.”

Hierdie dissipelskapsprogram is daarop gemik om huiskerke wat bestaan uit Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond, te versterk en te onderhou in Bangladesj, sodat hulle kan seëvier in hul gemeenskappe waar hulle so dikwels in die minderheid is.

Prys God saam met ons vir elke jong persoon wat hierdie program voltooi het! Bid dat dit wat hulle geleer het, hul gemeenskappe sal verander en hulle almal nader aan Jesus sal bring. Mag hulle waarlike die sout en lig wees, wat talle ander inwoners van Bangladesj na Christus sal lei.

Dankie vir jou gebede!

Back To Top
Soek