Skip to content

Jong dogtertjie getraumatiseerd deur Fulani-aanvalle in Nigerië

Op die 22ste Junie, het Rashida (7) en haar vriendin in hul buurvrou, Asabe, se erf gespeel toe Fulani-militante hulle dorpie in Gashish, Barkin Ladi, Nigerië, binnegestorm het. “Ons het oral geweerskote gehoor, en mense het geskree en gehuil,” het Rashida gesê. Asabe het haar en haar vriendin aangesê om in te kom, waarna sy die deur gesluit het en hulle onder ʼn klomp klere weggesteek het.

Maar die millitante het die deur afgebreek en ingekom. Hulle het gedreig om die huis af te brand as Asabe en die twee dogtertjies nie uit kom nie. Vreesbevange, het Rashida hulle gehoorsaam – gevolg deur Asabe en Rashida se vriendin. “Die tannie het hulle gesmeek, ‘Maak my asseblief dood en spaar die kinders se lewens, toe skiet hulle haar dood.”

Die mans het probeer om vir Rashida te skiet, maar in plaas daarvan het haar vriendin haar uit die pad gestoot en is in die proses dood. ʼn Tweede skoot het Rashida in haar bobeen getref. Rashida het dit reggekry om te ontsnap toe die leier van die groep die huis binnegegaan het, nadat hy haar hoor skree het, en vir haar gesê om pad te gee. Sy het later skuiling gevind by haar vermoorde vriendin se huis, omdat haar huis afgebrand is.

Volgens ʼn medewerker van Geopende Deure in Sub-Sahara Afrika, “betaal vroue en kinders, ongelukkig, dikwels die hoogste prys” in die voortdurende geweld in Nigerië…

Bid dat God vir Rashida ʼn spoedige fisieke herstel sal gun, en dat Hy haar van die emosionele trauma wat sy ervaar het sal genees. Bid ook dat daar ʼn einde sal kom aan die voortgesette geweld en bloedvergieting deur die Fulani- militante in Nigerië. Mag God veral die vrouens en kinders beskerm wat diepgewortelde vrees ervaar weens die gewelddadige aanvalle.

Dankie vir jou gebede!

Back To Top
Soek