Skip to content

Iran: Vier Christene vrygelaat op borgtog

Veiligheidsowerhede het op die 24 Junie 2016 ʼn klopjag uitgevoer op ʼn verlowingspartytjie in Iran. Alhoewel 10 mense aanvanklik in hegtenis geneem is, is almal behalwe vier vrygelaat – drie Christene van Azerbaidjan en een Irannese Christen.

Die familie en vriende van dié vier Christene is verheug om ons mee te deel dat hulle almal vrygelaat is op borgtog, en dat die Azerbaidjanners reeds verlede week kon terugkeer huis toe.

Die vier mans is vir twee maande in alleenopsluiting aangehou en ondervra. Toe hulle aanvanklik gevange geneem is, is hulle toegang tot regshulp geweier. Die Christenmans is in September geskuif na die gemeenskaplike selle in Evin-tronk. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle betrokke is by sending-aktiwiteite en propaganda teen die regime, maar hoop om vrygeskeld te word van hierdie aanklagtes.

Loof die Here vir hulle voorlopige vrygelating! Kom ons bid saam met hulle vir ʼn positiewe uitkoms en dat hierdie saak vinnig afgehandel sal word.

Iran is #9 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys.

Dankie dat jy bid!

Back To Top
Soek