Skip to content

Iran: Dringende behoefte dat gelowiges in die tronk tydelik vrygelaat word

Maryam Naghash Zargaran, wat in 2013 in hegtenis geneem is op aanklag dat sy ʼn huiskerk bedryf, het weereens dringende mediese versorging nodig. Sy ly aan ʼn oorerflike hartkwaal wat oor die laaste twee weke vererger het weens spanningsvolle toestande in die tronk. Sy is in die verlede, toe sy tydelike verlof toegestaan is om die tronk te verlaat, gedwing om terug te keer voordat die behandeling voltooi is.

ʼn Ander gelowige, Ebrahim Firouzi, wat ook in 2013 gevange geneem is op verskeie aanklagtes, insluitend dat hy Christelike Sionisme aanmoedig en aanlyn-kerkdienste uitsaai, was veronderstel om verlede jaar vrygelaat te word. Maar toe nuwe aanklagtes teen hom gebring is, is sy vonnis verleng tot 2020. Hierdie nuus is baie spanningsvol vir Ebrahim se siek moeder wat ʼn kankerleier is. Veral omdat Ebrahim se aansoek tot spesiale verlof om haar te besoek – omdat haar gesondheid haar verhinder om hom te besoek – aanhoudend geweier word.

Bid asseblief dat die owerhede vir Maryam die volledige mediese behandeling wat sy nodig het, sal toestaan en dat Ebrahim verlof sal kry om sy ma te besoek. Mag God hulle, en talle ander Christelike Irannese gevangenes, versterk waar hulle moet volhard vir die geloof!

Bron: World Watch Monitor, Iranian converts: one needs urgent care, another denied chance to see mum with cancer, 27 Maart 2017.

Back To Top
Soek