Skip to content

Iran: Amin Khaki vrygelaat

Vriende van Amin Khaki is verheug dat Amin vrygelaat is uit die Ahvaztronk in Iran.

Op 5 Maart 2014 was Amin Khaki, asook Hossein Barounzadeh, Mohammad Bahrami en Rahman Bahmani, onder agt mense wat gewelddadig gearresteer is tydens ʼn piekniek in Shush. Elkeen van hulle is tronkstraf van een jaar opgelê omdat hulle die Evangelie in Iran verkondig.

Die vonnisse is herbevestig tydens ʼn verhoor wat op 1 Februarie 2016 plaasgevind het, maar die aangeklaagdes is nie dadelik tronk toe gestuur nie. Al vier Christene het verlede maand (Junie) aangemeld by Ahvaz-tronk om die oorblywende deel van hul vonnisse uit te dien. Amin is wel verlede week vrygelaat, en hoef boonop ook nie ʼn voormalige opgeskorte vonnis van een jaar uit te dien nie.

Hossein Barounzadeh, Mohammad Bahrami en Rahman Bahmani moet nog vier maande van hulle vonnisse uitdien.

Iran is #9 op die Geopende Deure 2016 Wêreldwaarnemingslys van plekke waar Christene die ergste vervolging ervaar.

Back To Top
Soek