Skip to content

Indonesië: Kinders se leersentrum gedwing om te sluit

Dokter en sendingwerker, Wandi*, en sy vrou het besluit om ʼn leersentrum vir kinders oop te maak in ʼn arm gemeenskap in Indonesië, nadat hulle gesien het hoe die dorp se kinders in die strate ronddwaal, in plaas daarvan om skool te gaan. Hulle het die kinders geleer lees en skryf.

Plaaslike amptenare het die paartjie daarvan beskuldig dat hulle Moslemkinders verchristelik, deur Christenliedere vir hulle te leer. Die kinders se ouers het hierdie aantygings weerlê, maar amptenare het steeds aangedring dat die sentrum gesluit moet word. ʼn Regeringsamptenaar het gesê, “Christene is nie waardig om Moslems te onderrig nie.”

Die ouers is baie hartseer oor hierdie besluit, omdat hulle weet dat hul kinders nie langer onderrig sal ontvang nie, en weereens in die dorp sal ronddwaal.

Bid asseblief dat die Here Wandi en sy vrou, asook die kinders en hul ouers, vrede sal gee gedurende hierdie tyd. Bid dat die Here die harte van die amptenare sal verander om hul besluit ongedaan te maak en die sentrum te heropen sodat hierdie kinders ʼn opvoeding kan ontvang.

Dankie dat jy bid!

*Naam verander weens sekuriteitsredes

Back To Top
Soek