Skip to content

Indiese Christen ontvoer en gemartel vir sy geloof

Gallu Kowasi, ʼn Indiese Christen, is onlangs erg geslaan deur plaaslikes, terwyl hulle daarop aangedring het dat hy van sy geloof afsien. Daarna is sy huis verwoes. Maar dit was nie die einde van sy ontbering nie – hy is geblinddoek, ontvoer en na ʼn onbekende plek geneem waar hy verder geslaan en gemartel is. Hy het gelukkig daarin geslaag om te ontsnap…

Sedert Junie vanjaar, is meer as 12 huise wat aan Christene behoort, oor 5 dorpe in die Gadchiroli-distrik in Indië deur plaaslike ekstremistiese Hindoe groepe aangeval. .

ʼn Plaaslike bron sê, “ As een persoon in ʼn familie na Christenskap bekeer, verenig die res van die familie met die dorpsmense, en boikot hulle dadelik daardie persoon op ʼn sosiale vlak.”

Bid asseblief vir krag vir Christene in die Gadchiroli-distrik wat geweldige vrees ervaar. Sommige families het hul geloof prysgegee, maar baie bly steeds moedig staan. Bid ook vir die fisieke en emosionele genesing vir Gallu – mag hy in besonder die Here se nabyheid ervaar terwyl hy herstel.

Dankie vir jou gebede.

Back To Top
Soek