Skip to content

Gevange Amerikaanse pastoor verhoor geweier

Op 7 Oktober 2016, is Pastoor Brunson van die Verenigde State (VSA) gevange geneem deur die Turkse regering vir aktiwiteite wat volgens hulle, ʼn nasionale veiligheidsrisiko ingehou het. Vyftien maande later, is hy steeds in aanhouding. Sy prokureur word steeds toegang tot sy saakleêr geweier. In effek word Brunson sy wetlike reg tot inligting oor die aanklagtes teen hom, asook ʼn hofverhoor geweier.

Verlede jaar het die Turkse President, Recep Tayyip Erdoğan, openlik erken dat sy regering vir Brunson as ʼn politieke gyselaar hou. Hy het daarop aangedring dat Fethullah Gülen, ’n man wat daarvan aangekla word dat hy die meesterbrein was agter ʼn mislukte staatsgreep teen hom,deur die VSA uitgelewer word  en na Turkye teruggestuur moet word as ʼn ruiltransaksie vir die pastoor.

Brunson het sy familie grootgemaak en in Turkye gedien vir 23 jaar. Gedurende sy gevangenskap het hy sy dogter se troue gemis, asook haar universiteitsgradeplegtigheid, op die 3de Januarie het hy ook sy 50ste verjaarsdag in die tronk gevier. “Ons het nooit dié soort verjaarsdag voorgestel nie,” het ʼn nabye familielid gesê. “Andrew het gedoen waarvoor hy gekom het: Hy het God bedank vir die lewe wat hy gehad het.”

Bid asseblief vir ʼn deurbraak in  Pastoor Brunson se saak. Mag die Here wysheid en krag voorsien aan diegene wat werk om sy vrylating te bewerkstellig. Bid ook dat God sal aanhou om sy familie te vertroos en te versterk gedurende hierdie beproewende tyd.

Dankie dat jy bid!

*World Watch Monitor. “Jailed US pastor still refused ‘due process’ in Turkey.” 23 Januarie 2018.

Back To Top
Soek