Geopende Deure vennote het iets besonders gedoen
Vir die afgelope twee maande het Geopende Deure op Indië gefokus.
Sedert April het die liefde en ondersteuning van Geopende Deure vennote gehelp om meer as R104 000 in te samel ter ondersteuning van vervolgde gelowiges in Indië. (Kliek hier om vandag te gee).
Geopende Deure vennote help ons om daar te wees, op die grond, om ons vervolgde familie te ondersteun wanneer hulle verlate voel met nêrens om te draai nie. Familie soos Hari*…
Sedert Hari Christus aangeneem het, het hy voortdurende teenstand gekry vir sy geloof. As leraar van sy kerk is hy al verskeie kere gearresteer. Sy kerk is deur die owerhede geseël en gesluit. Hy is onder konstante waarneming en word daarvan beskuldig dat hy mense deur omkopery met geld bekeer het. Te midde van al hierdie vervolging bly hy lief vir die Here en staan hy sterk in sy geloof.
Hoe is dit dat hy kan aanhou?
Hy weet hy is nie alleen nie!
“Dit is so wonderlik om te sien hoe God se kinders saam met my staan te midde van vervolging,” sê Hari. “Ek het tot die Here gebid om hulp, en Hy het julle gestuur.
“Ons God het ons inderdaad nie verlaat of in die steek gelaat nie. Baie dankie vir julle hulp en ondersteuning.”
Te danke aan ons vennote, kon ons Hari en sy gesin ondersteun met noodleniging en hulp vir sy besigheid, tesame met deurlopende geestelike- en gebedsondersteuning. Hulle gawes en gebede help om Hari toe te rus met die skoene van bereidheid.
Op die oomblik mis Hari en sy kerk om bymekaar te kom in hul kerkgebou. Tog gaan hulle voort om in die geheim te ontmoet en leef hulle geloof uit, op watter maniere hulle ook al kan.
“Hou aan om vir ons te bid,” vra Hari. “Ek is oortuig daarvan dat Christus in staat is om te beskerm wat ons aan Hom toevertrou het.”
Amen! Kom ons hou aan om ons familie in Sy hande toe te vertrou. Mag Hy voortgaan om Sy Kerk in Indië te bou. En mag Hy voortgaan om ons, die res van Sy Liggaam, te gebruik om dit te doen!
Hou asseblief aan om vir ons familie in Indië te bid:
- Bid vir die 2024-verkiesingsuitslae wat op 4 Junie aangekondig sal word. Bid dat die regering wat aan bewind kom, sal werk vir die welsyn van die mense, veral Christene wat op ‘n onregverdige manier behandel word.
- Bid dat die teenbekeringswette nie in meer state van Indië ingestel word nie. Hierdie wet word wyd misbruik om Christene te arresteer.
- Bid dat die Christen-gemeenskap sterk sal groei in hul geloof om die aanslag van die bose teen te staan
- Ongeveer 152 Christene is in die laaste paar maande herbekeer tot die Hindoe-godsdiens in die Madhya Pradesh- en Maharashtra-grens. Bid dat die Here sal aanhou om Homself aan hulle te openbaar, en dat alhoewel hulle weer tot Hindoeïsme bekeer het, die saad van die Evangelie wat in hulle geplant is, in hulle harte sal groei.
“Ek sal my Kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”
Matteus 16:18
Ondersteun gelowiges in Indië vandag: