
GEBEDSVERSOEK: Bid vir ons vervolgde familie gedurende Paasfees
Soos baie jare vantevore, is beide Paasfees en Ramadan steeds tye van uiterse gevaar vir ons vervolgde familie. Hierdie jaar, het diè twee geleenthede egter oorvleuel, wat die risiko vir ons familie verskerp.
In ʼn tyd wat veronderstel is om ʼn herinnering te wees van herstel en vernuwing, is Paastyd ʼn tyd waarin baie vervolgde Christene geweld ervaar en die kanse vir aanvalle op kerke aansienlik meer is. In lande of streke waar die meerderheid inwoners Moslems is, en baie van hulle Ramadan herdenk, word daar verwag dat Christene ook moet vas en bid. Indien hulle nie deelneem nie, kan hulle ook vervolg word.
Afgesien van die konstante bedreiging van aanvalle, volhard hulle dapper in geloof met die wete: “Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.” Jakobus 1:12
Laat ons in een gees bymekaar kom en vir ons vervolgde bid gedurend hierdie tyd.
Gebedspunte:
- Bid vir die families op die 2022 Wêreldwaarnemingslys. Baie van hulle het waarskynlik al toenemende vervolging ervaar gedurende die Paastyd en ook voortdurende vervolging gedurende Ramadan.
- Bid vir beskerming oor ons broers en susters wat byeenkom om die opstanding van Here en Verlosser, Jesus Christus herdenk.
- Bid vir vrede vir diegene in ons familie wat rou oor die geliefdes wat hulle verloor het en hunker na vertroosting sodat hulle herinner sal word aan hoe “ kosbaar is in die oë van die Here is die dood van sy gunsgenote.” Psalm 116:16
Dankie vir jou gebede. Mag ons voortdurend onthou dat gebed nie perke, grense of afstand ken nie.