Skip to content

GEBEDSFLITS: Geopende Deure Suider-Afrika vier die Here se goedheid!

Ons is dankbaar voor die Here dat Geopende Deure Suider-Afrika hierdie jaar, 50 jaar van diens aan die vervolgde Kerk kan vier. Ons prys Hom ook dat ons Uitvoerende Direkteur, Jan Gouws, hierdie maand 30 jaar diens aan die vervolgde Kerk by Geopende Deure kan vier. Alle eer aan God!

Met die viering van hierdie mylpale het ons vir Jan, wat ook een van ons oudste werknemers is, uitgevra oor sy ervaringe en ons herdenking. Hier is wat hy gesê het…

Wat is een van jou grootste hoogtepunte in jou tyd by Geopende Deure?

Elke keer wat ek ʼn vervolgde Christen kon omhels en bemoedig.

Tydens jou reise met Geopende Deure, is daarvervolgde gelowiges wat het jy ontmoet wat jy nooit sal vergeet nie?

Pastoor Samuel Lamb van China. ʼn Leier van ʼn huiskerk. Hy was vir 21 jaar in die tronk vir sy geloof in Jesus – sy liefde vir Jesus en Sy opdrag.

Wat is van die kosbaarste oomblikke in jou werk by Geopende Deure?

Om Broeder Andrew te kon ontmoet en op verskeie geleenthede tyd met hom te kon deurbring: sy nederigheid en liefde vir God en Sy mense – dit het my regtig aangeraak.

God se genade wanneer ons Bybels in verskillende lande na verskillende lande geneem het; elke keer het Hy ʼn wonderwerk verrig deur ons toe te laat om noodsaaklike brood in hierdie lande in te neem.

Om ʼn Bybel te oorhandig vir ʼn Christen wat vir jare vir ‘n Bybel gebid het.

Wat beteken dit vir jou om te weet dat Geopende Deure hierdie jaar 50 jaar van diens aan de vervolgde Kerk vier?

Ek is vol eerbied oor hoe die Here hierdie bediening (organisasie) oor die afgelope 50 jaar gebruik het, in goeie en slegte tye. Hy het altyd voorsien: Hy het die paar brode en vissies wat ons as personeel en vennote na die tafel bring gebruik en vermenigvuldig sal dat daar selfs nog oor gebly het.

Ek dank Hom uit die diepte van my hart vir Sy hand oor hierdie bediening (organisasie) Alle eer aan God.

Prys die Here saam met ons vir sy getrouheid dat Hy ons bediening in Suider-Afrika vir 50 jaar gedra het, asook vir Jan se lewe en werk by Geopende Deure vir al hierdie jare! Bid dat God sal voortgaan om ons in staat te stel om hierdie werk te doen en dat Hy Jan sal seën vir sy liefde vir vervolgde Christene en sy diens aan hulle vir soveel jare.

Dankie dat jy ʼn vennoot in gebed is!

Back To Top
Soek