GEBEDSFLITS: Bid vir ons susters in Christus
Vandag is Internasionale Vrouedag. Dié dag word in baie lande regoor die wêreld gevier en daaraan gewy om vroue se prestasies op sosiale, ekonomiese, kulturele en politieke vlak te vier. Dit vestig ook die aandag op geslagsgelykheid en vroueregte.
Internasionale Vrouedag is ook ʼn geleentheid om te fokus op die uitdagings en behoeftes van Christenvroue, sodat “elke vrou wat weens haar geloof en geslag vervolg word, gesien, gewaardeer en in staat gestel sal word om haar Godgegewe potensiaal te bereik”. Dit is waarom Geopende Deure sedert 2018 sy Geslagspesifieke Godsdienstige Vervolgingsverslag (GSRP) op hierdie dag vrystel.
Waarom fokus op die vervolging van vroue?
Dit is belangrik om op die vervolging van vroue te fokus. Dit is makliker om die vervolging van Christenmans te bekamp omdat dit dikwels brutaal is en in die openbaar plaasvind. Die vervolging van vroue is egter meer kompleks en verborge.
ʼn Geopende Deure-kundige in die Midde-Ooste sê:
“Die GSRP onthul die dinamika wat daartoe lei dat Christenmans en -vroue vervolg word, suksesvol. Dit stel diegene wat in hierdie veld werk in staat om ons begrip van vervolging te herdefinieer, om nuwe mening aan konsepte soos die Kerk se kwesbaarheid en veerkragtigheid te midde van vervolging te gee. Dit help ons om ons visie te verskerp vir die dinamika van vervolging, wat slinks verberg word deurdat dit met die norme van ʼn samelewingskonteks saamsmelt. Dit help ons ook om openlik te praat oor geregtigheid op hierdie gebied en om die aandag te vestig op skade wat tevore ongesiens verbygegaan het.”
Jy kan die gratis verslag aflaai om meer uit te vind oor die vervolging van mans en vroue.
Sluit asseblief by ons aan in gebed:
- Bid vir krag en die beskerming van ons susters in Christus, wat ekstra weerbaar is weens hul geslag en geloof.
- Bid vir die genesing van vroue wat trauma ervaar het deur gewelddadige dade soos ontvoering, seksuele aanranding en gedwonge huwelike.
- Bid dat God hierdie verslag sal gebruik om baie mense op te voed oor die benarde situasie waarin Christenvroue verkeer.
Dankie dat jy saambid!
Laai jou GRATIS verslag af (verslag slegs in Engels beskikbaar)>>