Skip to content

Voormalige Islamitiese geestelike, gestraf omdat hy Jesus gekies het

Omar (31), ʼn voormalige Islamitiese geestelike in Kameroen, het sy lewe aan Christus gewy in April vanjaar – en het sedertdien intense vervolging in die gesig gestaar!

Sy oom het sy huis aan die brand gesteek toe hy uitvind van Omar se bekering… Omar was reg om wraak te neem, maar nadat hy met sy pastoor gepraat het, het hy besef dat hy nie net gewelddadig kan terugbaklei nie.

Omar en sy gesin het toe by sy pa ingetrek. Op ʼn dag wat hy nie by die huis was nie, het sy oom gekom en Omar se vrou en drie kinders weggevat. En alhoewel sy pa nie ʼn aktiewe Moslem is nie, het Omar se pa hóm ook uitgeskop op aandrang van sy oom.

Afgesien van alles het Omar gesê, “Ek het ʼn definitiewe besluit geneem om Jesus te volg omdat ek nie wil voortleef in boosheid en onkunde onder Islam, terwyl ek weet wat die waarheid is nie.”

Die woord is versprei dat enige iemand wat Omar in die hande kry, hom moet straf omdat hy Islam verlaat het… Bid asseblief vir Omar:

  • Dat die Here hom sal beskerm en bemoedig om vas te hou aan Jesus.
  • Dat hy voldoende geestelike dissipelskap sal ontvang en aanhou om te groei in sy geloof.
  • Om ʼn manier te vind om ʼn bestaan te voer, en dat hy gou weer herenig sal word met sy familie.

Dankie vir jou innige gebede.

Back To Top
Soek