Skip to content

Eldos het baie gebed nodig

Eldos Satar Uluu (25) van Kirgistan, is ʼn jong gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond. Hy is verlede jaar erg aangerand deur drie radikale Moslem-mans, in ʼn poging om hom te forseer om terug te keer na Islam. Hy het veelvoudige beserings opgedoen, ondermeer erge harsingskudding en moes verskeie operasies ondergaan.

Dit gaan gelukkig beter met hom, maar hy ervaar geweldige spanning. Hy en sy familie moet steeds die verlies van sy van sy oudste suster, Nurzhan, se baba verwerk. Sy was ses maande swanger toe sy gesien het hoe Eldos aangeval is, en die spanning het veroorsaak dat sy die baba verloor… Sy treur steeds aanhoudend.

Om by te dra tot die spanning, moes Eldos en sy aanvallers onlangs ʼn hofverhoor bywoon om te luister sy aanvallers se saak teen hom. Hulle het hom daarvan beskuldig dat hy na harde geestelike musiek luister en geestelike materiale en propaganda versprei. Hierdie aantygings word ondersteun deur die mense van Eldos se dorp. Gedurende die verhoor, het ons Christenprokureur wat Eldos bystaan, ‘n hartaanval gehad.

Eldos het innige gebed nodig. Bid asseblief dat God sy angstige hart sal kalmeer en hom sal vryspreek van die aantygings teen hom. Bid ook vir sy herstel, sy prokureur en dat sy suster vertroosting sal vind.

Dankie vir jou innige gebede!

Stuur aan Eldos en Nurzhan woorde van vertroosting en krag gedurende hierdie moeilike tyd >>

Back To Top
Soek